Koerania

Francois Joubert en Riaan Jacobs sal Orasol verteenwoordig wanneer daar binne die volgende paar dae fabriekstoetse op die skakeltuig gedoen word.
Op 24 Junie sal die skakeltuig in Johannesburg opgelaai word en op 25 Junie in Orania arriveer. Die proses van inwerkingstelling en om die skakeltuig, battery en beheerstelsel te koppel sal dan begin. Die Orasol bestuur beoog om op Saterdag 20 Julie die gebruik vir die Orasolbattery amptelik te vier.
Mauritz Meyer, hoof van die elektriese afdeling en sy span het reeds koppelings voltooi. Netwerkkoppelings word fyn beplan om alle sleutelpunte uiteindelik met mekaar te laat kommunikeer.

Mauritz Meyer hoof van elektriese afdeling
Mauritz Meyer hoof van elektriese afdeling
Francois Joubert
Francois Joubert
Riaan Jacobs
Riaan Jacobs
Post Views: 112