Koerania

Orania bied die alternatief

Die Orania Beweging se jaarlikse ledenaweek is van 22 tot 24 Maart suksesvol aangebied. Verskeie ingeligte sprekers het die gehore met ‘n verskeidenheid temas toegespreek. Alhoewel die raadsvergadering en die ledevergadering ook gedurende die naweek se program ingepas word, is dit die kosbare samesyn en gesprekke van lede wat ‘n belangrike rol tussen al die inligting en besluitneming speel.

Die sprekers vir die Vrydagaand met Hendrik le Roux wat ‘n alternatiewe finansiële sektor voorgehou het, is opgevolg deur Bastiat en Dane Viljoen, twee broers wat oor die mag van ‘n alternatiewe monetêre stelsel en goud inligting gedeel het. Hulle het na geld as ‘n belangrike middel tot vryheid verwys, maar dat ekonomiese waarde deur die instansie beheer word wat die geldeenheid beheer. Hulle het ‘n goudbasis vir Orania aangemoedig. Die twee broers se aanbieding het baie vrae en wye belangstelling uitgelok.

Saterdagoggend kon lede vir die vergadering registreer, maar voor dit is daar heerlik om die kostafels gekuier en prof Dieter Holm het sy opinie gedeel met die tema: Alternatiewe op onvriendelike stede. Hoe word ‘n ware tuiskoms ontwerp?

Na afloop van ‘n suksesvolle ledevergadering kon ‘n opsionele dorpstoer onderneem word. Die Saterdagaand het Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging, die slot tema van die naweek met sy toespraak gelewer: Orania: hoe gaan dit met die alternatief? ‘n 2024-idee oudit.

Die meer as 80 persone wat die ledenaweek bygewoon het is dit eens dat daar nooit opgehou moet word met die uitbou van alternatiewe nie.

Die naweek is Sondag met ‘n gesamentlike erediens afgesluit.

Gaan luister gerus hier na die sprekers:
Skakel na Hendrik le Roux en Bastiat en Dane Viljoen se toesprake: https://youtube.com/live/KJ0L4QTEbEI?feature=share
Skakel na Dieter Holm se toespraak: https://youtube.com/live/q-QEdHuX-Jg?feature=share

Post Views: 112