By Bo-Karoo Opleiding (BKO) kry jy meer as ’n kwalifikasie, hier word jy deel van ’n doelgerigte le eromgewing waar jou toekoms prakties en doelbewus gebou word. Die Beroepsertifikaat: Elektries bied ’n tweede inname in Julie, ’n ideale geleentheid vir voornemende studente wat nie aan die begin van die jaar kon inskryf nie, of net onseker was oor hulle loopbaan vooruitsigte. Hierdie program fokus op praktiese vaardighede en werksgereedheid, en rus studente toe om met selfvertroue die elektriese bedryf te betree. Met kundige opleiding en relevante praktiese blootstelling, word jy voorberei vir ’n loopbaan waar vaardigheid en betroubaarheid saak maak. Opsoek na ‘n studietuiste? Belangstellendes word hartlik uitgenooi na BKO se opedae op Vrydag 12 en Saterdag 13 Junie. Kom besoek die kampus en fasiliteite, ontmoet die personeel, leiers en studente, en ervaar die vlytige studentelewe eerstehands. Van sport en kultuur tot akademiese uitnemendheid – by BKO leef ons voluit. Hierdie is verseker meer as ’n kampusbesoek, dit is ’n uitnodiging om te hoor waarheen ons op pad is, en hoe ons op ’n stewige grondslag van Christelike waardes bou en trots gewortel is in Afrikanerkultuur. Registreer hier: https://bko.co.za/opedag-besprekingsvorm/ of skandeer die kode. Vir verdere navrae kontak BKO by WhatsApp 0617681852