Koerania Gemeenskapskoerant

help mekaar
March, 2026

Dit is Maatskaplikewerkmaand Maatskaplike werkers speel ’n belangrike rol in ons gemeenskap deur mense te ondersteun, te beskerm en te bemagtig. Orania Helpmekaar is bevoorreg om drie maatskaplike werkers by ons te hê. Gedurende Maatskaplikewerkmaand erken ons die toewyding van hierdie professionele persone, en fokus ons ook op die opleiding, etiese riglyne en wetgewing wat help om die beroep verantwoordbaar en professioneel te hou. Maatskaplike werkers is professionele persone. Tydens Maatskaplikewerkmaand word daar veral gefokus op die faktore wat maatskaplike werkers aanspreeklik en verantwoordelik hou in die uitvoering van ons pligte. Maatskaplike werkers beskik oor ten minste ’n vierjaargraad (honneurs), waartydens opleiding in verskeie aspekte van die beroep ontvang word, insluitend relevante wetgewing, etiese riglyne en professionele praktyk.

 

Orania Helpmekaar- saam met die gemeenskap, vir die gemeenskap. oraniahelpmekaar.co.za