Koerania Gemeenskapskoerant

lektor
February, 2026

ONS BREI UIT: MEER SPASIE, MEER VAARDIGHEDE! 

 

By BKO glo ons nie aan stilstaan nie. Die vraag na topgehalte vakmanne neem toe – en ons kampus groei saam. Ons is trots om die nuwe, uitgebreide Elektrieswerkswinkel op Technika-kampus bekend te stel. Met ekstra kantoorruimte én ‘n modern le singslokaal skep ons doelbewus plek vir groei en gehalte-opleiding. Só kan ons nóg meer studente toerus om meesters van hul ambag te word.

 

NUWE GELEENTHEID: Danksy hierdie uitbreiding kondig ons met trots ’n tweede inname vir ‘n addisionele 20 Elektriesstudente in Julie aan! “Hierdie fasiliteite stel ons in staat om studente prakties en doelgerig voor te berei vir die werklikheid van die werkplek.” – Johan Klinck, Departementshoof: Tegnies ’n Opregte dankie aan ons kontrakteurs, vennote en die breër gemeenskap wat gehelp het om hierdie visie te bou. Saam belê ons in volhoubare vaardighede en ’n sterker toekoms.