Koerania

Die doel van die VellieVoeteFees, wat nou ‘n jaarlikse instelling sal wees, is om die Orania-gemeenskap se harte te raak en saam te snoer om “laer te trek” om een van die kwesbaarste groepe van enige gemeenskap.

Renska Deetlefs, wie die projek geinisieer het, vertel dat persone wat met ‘n gestremdheid leef en hulle families ‘n gemeenskap nodig het wat gestremdheid verstaan en saam daaroor kan praat.

Op 3 Mei is die eerste VellieVoeteFees deur die Forum vir Gestremdes aangebied. Jonk en oud het met uitspattige kouse, kleurvolle klere en prettige haarstyle opgedaag om saam deur die strate te stap en hul ondersteuning vir gestremdheid te toon. Die groot groep mense het al laggend en geselsende by die CVO-skool die staptog begin en ‘n lang ry het die padbesem gevolg tot hul by die Volkskool geeindig het.

“Ons moet mekaar leer ken en omarm sodat ons elkeen se unieke behoeftes en uitdagings kan verstaan en saam aan oplossings werk,” vertel Renska, voorsitter van die forum.

Vir enige navrae, verdere inligting of om ‘n bydrae te maak kan Renska by 083 557 2236 of vvf@gestremdes-orania.co.za gekontak word.

OPDRAG

Ek is die dienskneg met die een talent,
jy het vyf gekry

Sal jy my deur die lewe begelei,
sal jy vir my ‘n tuiste skep

‘n Kring van huislikheid waarin ek ook kan woon

en werk en speel kan leef

Soos die sterk meeu onder die swakke vlieg om hom ‘n vrye vlug te bied,

sal jy my val verhoed

En as ons vlug voltooi is en ons in die ander lewe kom

Sal jy wanneer ek rekenskap moet gee

vertel hoedat ek teen die bloutes saam met jou wou vlieg,

al kon ek nooit jou goue son betree

Gezina Coetzee

Post Views: 78