Koerania

Dit is vir die borge en gashere van die Suid-Afrikaanse Pekanneutkonferensie ‘n voorreg om vanjaar soveel kundigheid op een verhoog in Orania te bied. Vanjaar se Pekanneutkonferensie se program bestaan uit 16 kundiges in die bedryf wat binne 3 dae konferensiegangers verder gaan bemagtig.

Daar sal aktuele kwessies bespreek word en genoeg tyd sal gegun word vir besprekings, vrae en antwoorde. “Dit bly ‘n prioriteit om geleenthede soos dié aan te wend om van mekaar te leer en op hoogte van die nuutste tegnologie te bly,” vertel Johan Coetzee, een van die organiseerders.
Dr Ronel Hendriks, Ernie Steinberg, Chris de Wet, prof Leon van Rensburg, Heiko Meier en dr Elmi Lötze vorm deel van die sprekers en die gesprekspanele.

Gaste word uitgenooi om deel te neem aan informele gesprekke, paneelbesprekings en ander geleenthede waar elkeen ‘n bydrae kan lewer, maar inligting van ander ingewin kan word om later aan te wend sonder om onnodige struikelblokke te moet oorbrug.

Daar gaan heerlike kosstalletjies wees wat deur plaaslike besighede beman sal word. Pap en kaiings, tjips, hoenderrepies, wafels en roomys, pannekoek, olieringe, beskuit, toffies en neute is maar ‘n paar van die items wat vir ‘n honger maag te koop sal wees. Besoek Orania se unieke winkels en koop gerus van die inheemse produkte! Orania is ‘n Afrikanergemeenskap waar ons Afrikaans praat en ons Afrinerkultuur as Christene uitleef.

Oraniërs word genooi om Donderdag 24 April tussen 08:00 en 14:00 die plaas Dendron te besoek om die pekanuitstallings en kosstalletjies te geniet.

Toegang tot die plaas is gratis op dié dag.

Besoekers en konferensiegangers word genooi om hierdie hutsmerke te gebruik wanneer ‘n sosiale media inskrywing gemaak word:
#onssalself
#myorania
#Oraniapekanneutkonferensie2024

Stuur gerus ‘n epos na a-z@pekan.co.za vir meer besonderhede of skakel 087 092 6618 met jou navrae.

Post Views: 137