Die Hervormde Kerk in Orania het op Saterdag 1 Junie hulle gewilde jaarlikse basaar in die tuin van die Orania Beweging gehou. Daar is boerewors, maalvleis, sosaties, wildsbiltong, boereworsrolle, kerrie & rys, boepensbroodjies, pannekoek, melksnysels, basaarpoeding, koeke, terte, gebak en ander lekkergoed te koop aangebied. Inwoners kon soos van ouds aan ‘n kettieskietkompetisie deelneem. Soos altyd, het hierdie basaar aan al die verwagtinge van ‘n ordentlike kerkbasaar voldoen! Christiaan en Hester van Zyl was deel van die sameroepers en vertel: “Ons het groot dankbaarheid vir die ondersteuning en gesellige saamkuier van Oraniërs by ons jaarlikse basaar!”
Wikipedia beskryf basaar as volg: 1. Verkoping van eetgoed en handwerk ten bate van liefdadigheid. 2. ‘n Oosterse mark.