Koerania

Helen Elizabeth Martins staan as die Uilvrou van Nieu-Bethesda bekend. Sy is op 23 Desember 1897 in Nieu-Bethesda gebore en was een van ses kinders. Na haar studies en ‘n mislukte huwelik het sy na die dorpie teruggekeer om haar verswakte ouers te versorg. Na albei haar ouers se dood het sy daar aangebly en al meer van die samelewing onttrek.
Danksy die “lig” wat sy daar met glas geskep het is dié dorpie deesdae ‘n gesogte toerisme aantreklikheid. Roelien de Klerk het die teks met deernis geskryf en haar vernuf weereens getoon.
Alhoewel Helen Martins ‘n donker verlede gehad het, het sy steeds lig vir haar mense gebring. Helen het ‘n obsessie ontwikkel, maar beslis ‘n monument nagelaat wat herdenk kan word.
Christelle de Villiers het tematiese klavierspel tussen tonele verskaf. ‘n Pragtige weergawe van die lied, Sonvanger, is as afsluiting van ‘n toneel deur die Karoo Klanke en Klingels sanggroep gesing, terwyl sy hul begelei het.
Die produksie is op 9 Augustus by Huppelkind Dagsorgsentrum se saal aangebied. Esna de Beer het in die produksie haar rol as Helen met onderskeiding vertolk, dr Phillip Nothnagel het die rol van die pastoor vervul en Pieter Dirker was die handlanger, beter bekend as Koos Malgas.
Huppelkind Dagsorgsentrum het dié aand met trots aangebied en sal die fondse vir die verdere ontwikkeling van die sentrum aanwend.

Foto – Magdaleen Kleynhans

Esna de Beer as Helen Martins, die Uilvrou van Nieu-Bethesda.
Post Views: 72