Koerania

Marcel Badenhorst-Nieuwoudt is vanaf 1 Desember as Bo-Karoo Opleiding se nuwe Departementshoof van Landbou aangestel. Sy was tot onlangs ‘n lektor in Boerderybestuur en bring ‘n wavrag kennis, ervaring en ‘n opregte liefde vir landbou-opleiding na haar nuwe posisie.
Paul Vogel, Uitvoerende Hoof van BKO, sê: “Marcel se insig en leierskap is onontbeerlik vir ons groeiende visie vir die Landbou-departement. Sy is nie net ‘n uitstekende akademikus nie, maar ook ‘n dinamiese leier.”
Marcel deel haar gevoel: “Dit is en was nog altyd my droom om te help bou daaraan dat ons jongmense ‘n hoopvolle toekoms kan hê en om my energie in ons eie mense te belê. Landbou en akademie is my passie. Hierdie is vir my die voltooiing in die sirkel van akkreditasie tot nou en die begin van groot drome wat ‘n werklikheid sal word met die uitbou en groei van ons departement. Ek is kinderlik opgewonde oor wat die toekoms vir ons inhou.”

Post Views: 31