Koerania

Na 30 maande in Orania is dit vir my ‘n groot lekkerte om ‘n digitale koerant vir die gemeenskap en ‘n wyer lesersmark in Afrikaans beskikbaar te stel. Orania spog nie verniet met EIE arbeid, EIE grond en EIE instellings nie. Hier is nog ‘n EIE skepping – Koerania!

 

Koerania is Orania se eie gemeenskapskoerant. Alhoewel daar soms nuus vanuit ander oorde mag verskyn, sal dit beslis in Afrikaans oorvertel word. Ja, ek is deeglik daarvan bewus dat ek en die meerderheid lesers die koerant in ‘n gedrukte formaat sou wou sien. Dit word egter nie in die vooruitsig gestel nie, want digitaal maak ons nuus internasionaal beskikbaar. Ons wil graag Orania se stories so wyd as moontlik vertel, sodat die Orania-idee ‘n duidelike boodskap van selfbeskikking en oorwinning kan uitdra.

 

Die samestelling en verspreiding kan natuurlik nie sonder adverteerders geskied nie. Dankie aan die eerste adverteerders wat saam met Koerania se span geskiedenis maak! Ons sal self, maar SAAM bou!

 

Ek nooi elke inwoner om my te kontak indien daar ‘n interessante brokkie nuus is wat jy graag in Koerania sal wil sien. Dit moet egter nuuswaardig wees! Koerania is ‘n gemeenskapskoerant en nie ‘n skinderblad nie. Koerania sal maandeliks by www.koerania.co.za verskyn. Hou die Facebookblad dop vir meer inligting.

 

Indien jy jou besigheid wil adverteer is daar vele opsies wat jy kan aanwend om jou besigheid selfs meer bekend te maak. Kontak my by redakteur@koerania.co.za om jou advertensie te bespreek.

 

Sit aan die ketel en skink ‘n koffie!

Post Views: 174