Daar is liefde in die lug en 14 Februarie het wêreldwyd dié dag vir
paartjies geword om hul liefde op
verskeie maniere ten toon te stel. Sosiale
media word oorlaai met hartjies end it drup
behoorlik van die stroop as geliefdes mekaar
met getikte woorde besing.
Ek wonder gedurig… Het ons die moed en
oortuiging om ‘n geliefde nog in die oë te kyk
en ons liefde hardop te verklaar? Doen ons dit
sodat die ander hele gereeld daaraan
herinner word dat respek en waardering altyd
‘n groot deel van die verhouding sal wees?
Gedurende Desember is daar die 16 dae waar
klem gelê word op die bewusmaking teen
geslagsgebaseerde geweld. Die 16 dae van
aktivisme-veldtog teen geweld op vroue en
kinders is ‘n jaarlikse Verenigde Nasiesinisiatief wat fokus op die bewusmaking van
die negatiewe impak wat geslagsgeweld, nie
net op vroue en kinders het nie, maar op ‘n
samelewing.
Geslagsgebaseerde geweld (GBG) is ‘n daad
wat ‘n individu fisiese, seksuele, sielkundige of
ekonomiese skade op grond van hulle geslag of
seksualiteit berokken.
Hoe moet die Vader hom vir die mensdom
skaam? Net die feit dat dit gebeur en daar ‘n
veldtog daarvoor geloods moet word, is ‘n
skreiende skande! Gereelde gesprekke oor
soortgelyke temas bring die kwelling van
afwesige pa’s na vore.
Navorsing het getoon dat ‘n afwesige pa, selfs
een wat saam met sy kind in die huis is, maar
emosioneel afwesig is, ‘n besliste uitwerking op
‘n kind se lewe het. Die redes vir afwesigheid
wissel natuurlik. Dit kan stere, egskeiding,
werksverpligtinge of aangenome kinders wees.
Die feit bly staan dat verwerping ‘n ernstige
gevolg hiervan kan wees.
Romeine 13:10 – Die liefde doen die naaste
geen kwaad nie; daarom is die liefde die
vervulling van die wet.
Indien daar ‘n kind, vrou, man, gestremde of
bejaarde aan jou sorg toevertrou word is dit
jou Christelike plig om in liefde op te tree. Jou
keuse van ‘n eggenoot was, vir alle praktiese
doeleindes, JOUNE! Gaan kyk eers in die
spieël as jy ‘n fout gemaak het, voordat jy
vingers wil wys of kritiek wil uitspreek.
1 Korinthiërs 13: 4 en 5 –
Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die
liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie
groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie
onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie,
word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie
toe nie.Gaan skink nou koffie vir twee en seël
dit met ‘n soentjie! Dis soms net die klein
dingetjies wat ook tel.
Liefde