Koerania

Renus Steyn was die eerste Uitvoerende Hoof van die Orania Dorpsraad en is ‘n geliefde pionier. Koerania het die voorreg gehad om by hom in sy huis in Stilbaai te gaan kuier en vertel in Januarie se uitgawe meer oor dié gesin se lewe in die Kaap.
Hugo Redelinghuys is die redakteur van die Suid-Kaap Forum in Riversdal. Dia van Staden het by hom ‘n draai gaan maak en heerlik met hom oor mediasake gesels.
Netwerk24 het ‘n lesersontbyt aangebied wat redakteur, Dia van Staden, gaan bywoon het. Redakteurs van hul publikasies en ondersteuners het aan paneelgesprekke oor nuusgebeure en gemeenskapsake deelgeneem. Mia Spies het met Willem Jordaan, redakteur van Die Burger en voormalige politieke joernalis, Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die FW de Klerk-stigting, en Dawie Boonzaaier, politieke verslaggewer van Rapport gesels om sin te maak van wat na die verkiesing vir die land voorlê. Dr Willie Cilliers, voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut, het aan ‘n ander paneelgesprek deelgeneem.
Post Views: 39