Koerania

Die Vroue Landbouvereniging Kaapland (VLVK) se tak in Orania vergader eenkeer per maand en dan word daar kopstukke gesels oor tuine, naaldwerk, handwerk en allerlei kreatiewe idees. Die tak in Orania val onder die Noord-Karoo Sirkel en is een van vyf take in die Noord-Kaap. Tydens hul vergadering in Mei het Nadia Schietekat, fisioterapeut, hul met praktiese strekoefening touwys gemaak.

“Ons doelwit is die opheffing van vroue en hul kwaliteite,” vertel Melanie. Die volgende vergadering sal op 20 Junie plaasvind en Grietjie kan by 079 515 0091 of Melanie Smit by 083 225 4955 gekontak word om deel te vorm van hierdie knap en doelgerigte vereniging.

Indien jy meer besonderhede benodig kan ‘n e-pos na npauto9office@gmail.com gestuur word.

Voor sit Abigail Ackermann en agter staan Grietjie van Schalkwyk, Aliva Botha, Marietjie Smit, Corli van Zyl en Wilma Brink.
Voor sit Abigail Ackermann en agter staan Grietjie van Schalkwyk, Aliva Botha, Marietjie Smit, Corli van Zyl en Wilma Brink.
Nadia Schietekat is ‘n fisioterapeut en sy het die belangrikheid van strekoefeninge vir die dames beklemtoon en prakties gedemonstreer.
Nadia Schietekat is ‘n fisioterapeut en sy het die belangrikheid van strekoefeninge vir die dames beklemtoon en prakties gedemonstreer.
Post Views: 80