Die nuut gestigte Orania Kleinsake Ontwikkelingskoöperasie (KSOK) het Woensdagaand hul doelwitstellings aan ‘n groep kleinsakepersone en inwoners van die dorp voorgehou.
Jan Beyers, direksielied van die KSOK, het verduidelik dat Orania se ekonomie in ‘n groeifase is en dat die statistieke van die 2022 Besigheidsopname aangedui het dat 55% van Orania se besighede minder as 5 jaar lank bestaan, dat 47% van die besighede se omset minder as R250 000 per jaar is en dat die KSOK ‘n rol wil speel met besigheidsfinansiering en die bied van hulpmiddels vir entrepreneurs, en die vestiging en uitbreiding van kleinsake.
Die eerste bestuur van die Besigheidsklub en direksie van die KSOK is verkies en aangekondig. Hulle is JP Combrink, Ruaan van Dyk, Magdaleen Kleynhans, Pieter Loots en Sarel de Villiers. Die Besigheidsklub is oop vir enige belangstellende van Orania en lidmaatskap van R50 is ‘n vereiste voordat iemand by die KSOK as lid mag aansoek doen of aanvaar sal word.
Besoek hul webwerf by www.ksok.co.za vir besonderhede oor Broeikas wat die entrepreneur help om ‘n finansieringsaansoek voor te berei en Groeikas wat die sekuriteit verskaf wanneer ‘n OSK lening aangegaan word. KSOK-lede financier Groeikas se sekuriteit en gee deelnemende insae.
Stuur ‘n e-pos na navrae@ksok.co.za met jou vrae of skakel hulle by 053 050 1114.
Op foto: Die eerste KSOK-direksie wat ‘n tenderaansoek aan die Orania Sakekamer geslaag het is Tony Coreia en Anita Schütte voor en Jan Beyers en Gerhard Schütte agter.