Christo en Karin Müller van die Orania Atletiekklub het besluit om vanjaar se eerste Klein Reus Halfmarathon in Orania aan te bied. Dit was vir hulle maklik om ‘n unieke naam vir die wedloop te kies, aangesien die klein reus eie is aan Orania en die beeld van eie arbeid duidelik uitdra. Die Orania atletiekklub sal jaarliks die wedloop aanbied en volgende jaar se wedloop sal op 19 Oktober 2024 plaasvind.
Die deelnameproses is maklik en slegs ‘n paar voorskrifte is van toepassing. Indien ‘n atleet die 21 km wil aflê moet hy of sy 16 jaar en ouer wees. Vir die 10 km wedloop moet atlete 15 jaar en ouer wees. Indien ‘n voornemende deelnemer nie ‘n permanente Atletiek Suid-Afrika (ASA) nommer het nie kan ‘n tydelike nommer uitgereik word.
Karin vertel dat Atletiek Griekwaland-Wes veral kommentaar gelewer het oor die mooi roete wat hulle geniet het. Almal was dit eens dat hulle baie welkom gevoel het in Orania. Die energieke drawwers sien reeds uit na 2024 se wedloop. Daar was verwys na die uitstekende waterpunte waar die borge uit hul pad gegaan het om die ervaring vir die atlete ‘n hoogtepunt op hul drafkalender te maak.
Kontak vir Karin Müller by 071 389 9901 om meer besonderhede te kry oor volgende jaar se Klein Reus Halfmarathon.