Die Stokkiesdraai Restaurant het ‘n pragtige klassieke musiekaand by die restaurant aangebied waartydens Jaco Mulder sy klassieke kitaar en Heinz Lüdtke die klawerbord bespeel het. ‘n Intieme gehoor het waarderend na Jaco se Spaanse interpretasies en Heinz se eie komposisies geluister. Jaco van der Walt en L’lize J van Rensburg het die gaste welkom laat voel en gaste het heerlike etes van die spyskaart af bestel. Dit was ‘n ideale Vrydagaand se vermaak na ‘n week van woeker.
Jaco Mulder se flinke vingeraksies bring pragtige klanke op die klassieke kitaar na vore
Heinz Ludtke skryf graag sy eie musiek en laat die klawers gedy