Die Orania Jukskeiklub se oefentye is Maandae tot Donderdae vanaf 17:00. Persone van alle ouderdomme is welkom om by hulle aan te sluit. Aangesien die nuwe seisoen in Augustus afskop is dit nou die perfekte tyd om jou skei uit te haal en te gaan kragte meet teen die bestaande lede van die klub. Albei die skole het junior spelers wat gretig is om by die gesoute spelers te leer. Kontak vir Abe Sutherland, die voorsitter van die jukskeiklub, by 082 700 0576 vir meer besonderhede.
Links: Elsabe Vos speel al ‘n geruime tyd jukskei.
Regs: Kean Basson, ‘n junior speler in aksie.
Daar moet ondersoek ingestel word en taktiek bespreek word wanneer die skeie hulle lê gekry het.