Koerania

So het die Huppelkindsaal vol dames met oorgawe saam gekuier...
So het die Huppelkindsaal vol dames met oorgawe saam gekuier...

Die eerste suksesvolle wynproegeleentheid is onlangs by die Huppelkind Dagsorgsentrum aangebied.

Suné Grobbelaar, een van die ouers en lid van die beheerliggaam, het primer die wynproe en bykomende reëlings hanteer. Hennie Husskison is van Douglas afkomstig en het ‘n baie breë kennis van wyn waarmee hy kon spog.

Dominee Ruan Combrink het die aand afgekop met ‘n humoristiese aanbieding oor die verskil tussen mans en vroue en hoe aannames toe moeilikheid kan lei.

Daar is heerlik geproe aan ‘n verskeidenheid varieteite en die manne van die beheerliggaam het bont gestaan om almal se glasies geskink te kry. Die groot groep vroue wat die aand bygewoon het is getrakteer met mooi musiek, lekker wyn en smaaklike soetgoed.

Die hoof van Huppelkind, Esna de Beer, sê dat hul gaan poog om dié lekker kuier- en fondsinsamelingsgeleentheid ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die dames het elkeen ‘n glasie gelig vir Huppelkind.
Die dames het elkeen ‘n glasie gelig vir Huppelkind.
Esna de Beer, Suné Grobbelaar, ds Ruan Combrink en Elzaan Verster het elkeen ‘n besondere aandeel aan die aand gehad. Ds Ruan was die spreker wat vroue op ‘n unieke wyse herinner het hoe mans en vroue se denke verskil.

Post Views: 95