Koerania

Hy is in 2000 in Orania gebore. Die gebou wat tans die dorpskantoor is, was voorheen die hospitaal. Dit is geen wonder daardie lang gange leen hom vandag tot ‘n hele klomp kantore nie.
In 2019 het Frans de Klerk sy B.com Menslike Hulpbronbestuur aan die Universiteit van Pretoria gaan afskop. Hy het daar sy honneurs in B.com Strategiese Kommunikasie voltooi.
Na ‘n kort internskap by Solidariteit het hy vir ‘n jaar by die FAK en die Voortrekkermonument se span aangesluit. “Orania is nog altyd deel van my plan! Ek het hier grootgeword en skoolgegaan en sien nog altyd daarna uit om my bestaan ook hier te maak,” vertel Frans opgewonde. Na sy studies en ‘n bietjie werkservaring het hy daarna uitgesien om huistoe te kom.
Frans het pas die stoel van die Orania Beweging se Kommunikasiebeampte ingeneem en sien daarna uit om dié dorpie, wat volgens hom propvol geleenthede is, met die nodige deursettingsvermoë te help bou.
Dié jongman glo in gemeenskapsdeelname en geniet die verhoog. Toneelspel en optredes is altyd vir hom lekker. Hy en goeie vriend, Carel Boshoff, vorm die groep Terloops, en maak graag saam musiek.
Dit is sy oortuiging dat Orania op hierdie stadium van sy lewe die regte plek vir hom is. “GROEI GROEI GROEI! Die Orania-ideaal is ‘n spanpoging en ek wil help om die span te groei, en julle moet sommer almal as lede van die Orania Beweging aansluit!” voeg hy skalks by.
Waar wil hy hom oor tien jaar bevind? “Wie weet? Oor 10 jaar behoort ek deel te wees van ‘n instelling waarin ek glo en waar ek ‘n effektiewe bydrae kan lewer. Dan sal ek gelukkig wees.”

Frans de Klerk het pas by die Orania Beweging as hul Kommunikasiebeampte aangesluit. Hy beywer hom vir die Orania-ideaal.
Frans de Klerk het pas by die Orania Beweging as hul Kommunikasiebeampte aangesluit. Hy beywer hom vir die Orania-ideaal.
Post Views: 117