Die meerderheid voëlliefhebbers vertel dat hulle aan die aktiwiteit deelneem omdat dit hul ‘n geleentheid gee om met die natuur kontak te maak. Volgens die wetenskap leef voëls nie in isolasie nie. Elke spesie leef interaktief met ander diere en plante, en dit is duidelik wanneer ‘n persoon lank genoeg stilsit en werklik waarneem.
Die Orania voëlklub bestaan uit ‘n paar natuurliefhebbers wat graag die ryk voëllewe van die Noord-Kaap bestudeer.
Daar word allerhande ekskursies en samesyngeleenthede vir vanjaar in die vooruitsig gestel. Alhoewel daar nie tans ‘n vaste program bestaan nie, word daar ten minste eenkeer per maand saam gekuier rondom kameras, verkykers en voëls.
Oraniërs van alle ouderdomme kan by die klub aansluit. Daar is geen klubfooi nie en enige persone met verblyfreg kan by die klub se Whatsapp-groep en Faceboekgroep ingesluit word. Behalwe dat mooi plekke ontdek word, deel die kykers in die genot van meer inligting oor die voeëlspesies en hul habitat.
Volgens Rudolf de Beer, sameroeper van die klub, akkommodeer die Oranjerivier se oewer en die droë Bo-Karoo ‘n wye verskeidenheid spesies wat graag deur kranige voëlkykers besoek word. Rudolf vertel ook dat waterliewende voëls soos die reier, eende, visvangers en visarende gereeld gesien word. Roofvoëls sluit onder andere ‘n verskeidenheid valke tot groot arende soos die Breëkoparend in. ‘n Groot verskeidenheid sysies, kanaries en lewerike vorm ook deel van die spesies wat op Orania se drumpel gesien kan word.