Die Orania Muurbalklub het in 2023 sy vere begin regskud en met die hulp van verskeie borge is die baan opgeknap sodat daar weer gespeel kan word.
Alhoewel daar nog baie werk gedoen moet word vir die volledige opknapping van die baan, word daar reeds fluks gespeel. “Soos wat die klub groei sal die ledegeld aangewend word om nog verbeteringe aan te bring,” vertel die voorsitter, Victor Correia. Enige persoon wat by die klub wil aansluit kan vir Victor by 082 568 5587 vir meer besonderhede kontak.