Die Orania Monumentkoppie is ʼn simboliese terrein wat vir elke besoeker die mooiste uitsig oor Orania gee en waar staatsmanne uit die Afrikanergeskiedenis vereer word. Daar is borsbeelde van bekende Afrikanerfigure soos Paul Kruger, John Vorster en Hendrik Verwoerd in ʼn halfmaan geposisioneer en hulle almal se oë is op die Klein Reus in die middel van die halfmaan gerig. Die Klein Reus rol sy mou op, omdat hy weet daar is baie werk wat self gedoen moet word. Die Klein Reus is Orania se simbool vir selfwerksaamheid en eie arbeid en daarmee saam beteken sy naam dat hy klein is maar dat die werk wat hy verrig en sy idee vir vryheid reusagtig is.
Die Klein Reus kyk uit oor Orania in die toekoms, maar hy is gegrond in sy voorouers en die verlede. Dié beeld is deur Kaalvoet opgerig.