Die Volkskool Orania het op Vrydag 4 Oktober hul stylvolle matriekafskeid by die Banketsaal gehou. Die Hollywood-tema is met ‘n rooi tapyt ingelei en die deftige matrieks met hulle metgeselle kon aansit vir ‘n Oscaraand vol verrassings, lekker kos en ‘n geleentheid om behoorlik uit te hang.
Elné du Plessis, Karlien Niemann, Jané Saayman, Jessica de Klerk en Nessa Trollip het ‘n glasie op ‘n suksesvolle jaar geklink.
Megan en McKenzie de Beer is twee sussies wat op prettige wyse hul unieke voorkeure getoon het.
Sumarie van Tonder was stylvol in haar swart en blink tabberd.