Die Orania Rolbalklub het op 6 Augustus hul stigtingsvergadering gehou. ‘n Komitee is saamgestel om die voortou te neem met die vestiging van ‘n klub. Die behoefte aan materiaal vir die bou van die baan word tans met behulp van materiaalskenkings, ledegeld en donasies gedoen. Die rolbalklub word as deel van die bestaande Orania Sportterrein ontwikkel. Sluit by die Orania Rolbalklub se Facebookblad aan om ingelig te bly. Enige individu, instansie of rolbalklub wat die droom vir Orania wil help verwesenlik word versoek om met Francois van Schalkwyk by francoisvs57@outlook.com of WhatsApp na 073 0891604 in verbinding te tree. Koerania sal hul lesers ingelig hou oor die vordering van skenkings wat gemaak word. Maak jou skenking!