Nikke Basson, koördineerder van die Straatfees vertel dat sy verstom staan oor al die mense wat hul onbaatsugtige hulp aangebied het om alle voorbereidings vir die fees op 23 November suksesvol te laat verloop. ‘n Elektriese bussie het persone na die terrein by die Gemeenskapsaal vervoer waar die reuk van vars roosterkoek en botter as voorgereg almal ingewag het. Musikante het vooraf musiek gemaak en daar is deurentyd heerlike agtergrondklanke verskaf. Sy vertel dat die gemeenskap ‘n oorvloed wonderlikste disse gebring het wat met mekaar gedeel kon word. “Die gemeenskap het werklik hiervan ‘n FEES gemaak. Ons span het net die agtergrond geskep!” Daar is tot laat onder die helder Karoosterre gekuier terwyl vars oliebolle en koffie vir oulaas geniet kon word.