Oud-skoliere blink uit in Spanje

Die 0/23 Nasionale Bokkies 7’2 rugbytoer vind tans in Spanje plaas. Die toer in Spanje het op 3 Desember op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n ongelooflike stadstoer deur Barcelona saam met die 0/14 Duikerspan, 0/16 Presidentspan en die 0/19 Bokkiespan.
Die 0/23 Nasionale Bokkies 7’s span het reeds vier wedstryde teen Sant Cugat Rugbyklub gespeel en het beide gewen. Die span het hul eerste wedstryd 40-15 gewen en Wiehan Nel is na hul tweede wedstryd, wat hul het 33-14 gewen het, as speler van die wedstryd aangewys nadat hy twee drieë gedruk het.
WJ en Wiehan Nel vorm deel van die O/23 Bokkies 7’s span en pa, Willie Nel, tree as spanbestuurder op. Hulle speel die komende naweek twee internasionale wedstryde teen Poland se Nasionale 7’s span.

Afrigter Bertie van Dyk is hier met ‘n ernstige haltyd-spanpraatjie besig tydens die 0/23 Nasionale Bokkies 7’s rugbyspan se toer in Spanje.
TAGS: