Die graad 12’s is deftig getooi

Die Volkskool Orania het op Vrydag 4 Oktober hul stylvolle matriekafskeid by die Banketsaal gehou. Die Hollywood-tema is met ‘n rooi tapyt ingelei en die deftige matrieks met hulle metgeselle kon aansit vir ‘n Oscaraand vol verrassings, lekker kos en ‘n geleentheid om behoorlik uit te hang.

TAGS:

Vlotoptog by Orania Karnaval 2024

In Orania word daar hard uit verskeie oorde gewerk aan die behou van volkseie Afrikanertradisies. Hier word ook belê in Oraniatradisies wat voortbou op ons liefde vir kuns en kultuur. Die Kaalvoetkonsert vorm deel van die jaarlikse Orania Karnavalvieringe en mag ek sovêr gaan as om te sê dat dit gevestig is as een van daardie tradisies waarna daar elke jaar, sonder uitsondering, uitgesien word.
Wanneer jy die Gemeenskapsaal nader en net verby die Beeldekoppie kan sien dat die parkeerarea tot oorlopens toe vol is, dan weet jy hier kom ‘n ding. ‘n Feestelike atmosfeer in ‘n stampvol saal begroet jou en daar word met oorgawe gekuier en rumoer. Die gehoor sluit vakansiegangers van heinde en verre in wat besluit het om die skoolvakansie in Orania te spandeer, en te deel in die nou-al welbekende, Orania Karnavalfeesvieringe.
Die verhoog is opgemaak met allerlei sporttoerusting, wat by vanjaar se tema “Kaalvoetspele September 2024” aansluit. Die woorde Geloof, Hoop en Liefde het in liggies agterop die verhoog gepryk. Die program toon dat die gehoor kan uitsien na 25 sangitems. Onder leiding van ons burgemeesteres, Lida Strydom, skrywer, vervaardiger en verteller skets die storie ‘n dorpie in die Noord-Kaap wat sy eie “Olimpiese Spele” hou. Die Kaalvoetspele soos dit gedoop is, wys vir die wêreld dat “’n bespotting van Christenskap” wat ten toon gestel is tydens die openingseremonie van vanjaar se olimpiese spele, nie geduld sal word nie, maar dat atlete kan kragte meet met Christen Geloof, Hoop en wedersydse Liefde.
Wat ‘n skouspel was vanjaar se konsert nie! Die wekelange voorbereiding en opoffering het groot dividende betaal. Puik klank en beligting met verhoogbestuur wat hulself ‘n pluimpie kan gee, want om die dekor 25 keer te verander sonder om die vloei van die konsert te vertraag, vat ‘n spesiale poging. Dit is duidelik vanuit die gehoor dat elke akteur en aktrise hulle rolle met oorgawe vertolk. Dit mag dalk oordrewe klink, maar dit is asof die woorde en gepaardgaande emosie deur elkeen self gepen en ervaar is. Die absolute oortuiging waarmee items gelewer is sonder om self te sing en die gevoel wat met gebare, lyftaal, dans en gesigsuitdrukkings oorgedra is, was wonderlik. Elke lied het tot die verhaal bygedra en die milieu word deurgaans deur die verteller ingekleur.
Vanjaar se konsert het die emosies laat opvlam van die eerste item “Soos ‘n vlam in die nag” en met elke Afrikaanse lied daarna wat jou opnuut laat besef wat ‘n voorreg dit is om Godvresende Afrikaners te wees wat saam kan lag en huil tussen jou eie mense. Die afsluiting “Dis wie ons is” was so gepas. Dit het my ook laat wonder hoe kry tannie Lida elke jaar so baie mense wat bereid is om hulle trots in hulle sakke te steek en te sê hoe kan ek die mense help vermaak. Om ‘n beste lied te kies voel half onregverdig en gelukkig was dit die werk van die drie beoordeelaars. Met pure plesier het “Swem, Jannie, swem”, “Tannie Katesbes”, “Orania Kletsrym”, “Breek my Hart” en “Ruiter van die windjie” beslis al die regte knoppies gedruk. Ek dink ook spesiale vermelding moet gemaak word van Orania Kletsrym wat die enigste oorsproklike lied van die aand was. MC Frikkie en Eben Klein het met ‘n foutlose vertoning die gehoor laat skaterlag en saam laat kletsrym. Dié kletsrym is oorspronklik vir vanjaar se Orania Skouspel deur Frans de Klerk geskryf.
Tannie Katesbes is as wenner deur die beoordeelaars aangewys en was waardig van die titel maar ek kan net dink dat dit ‘n moeilike besluit moes wees. Die gebruiklike veiling aan die einde van die aand waar die gehoor deur middel van hulle beursies hul gunsteling kan aanwys, was ‘n kop aan kop besigheid met duisende ora wat vir ‘n pioniersbeeld ingesamel is. James Kemp wat die veiling behartig het was op sy stukke en het die veiling in ‘n komiese bydrae tot die konsert omskep.
Dae na die konsert was my stem nog seer van al die saamsing. Die liedjies het nog in my kop weerklink en ek het gewonder hoe Janneman Roux in Ruiter van die Windjie sy bene so hoog kon skop en hoe lekker dit was om as een man “Ja” te skreeu elke keer as Eben de Klerk daarvoor vra. ‘n Gemeenskap word gevorm en kry standvastigheid deur dit wat ons saam doen en beleef. Mag die Kaalvoetkonsert sy rol in die verband vir altyd vervul.

TAGS:

Kaalvoekonsert

In Orania word daar hard uit verskeie oorde gewerk aan die behou van volkseie Afrikanertradisies. Hier word ook belê in Oraniatradisies wat voortbou op ons liefde vir kuns en kultuur. Die Kaalvoetkonsert vorm deel van die jaarlikse Orania Karnavalvieringe en mag ek sovêr gaan as om te sê dat dit gevestig is as een van daardie tradisies waarna daar elke jaar, sonder uitsondering, uitgesien word.
Wanneer jy die Gemeenskapsaal nader en net verby die Beeldekoppie kan sien dat die parkeerarea tot oorlopens toe vol is, dan weet jy hier kom ‘n ding. ‘n Feestelike atmosfeer in ‘n stampvol saal begroet jou en daar word met oorgawe gekuier en rumoer. Die gehoor sluit vakansiegangers van heinde en verre in wat besluit het om die skoolvakansie in Orania te spandeer, en te deel in die nou-al welbekende, Orania Karnavalfeesvieringe.
Die verhoog is opgemaak met allerlei sporttoerusting, wat by vanjaar se tema “Kaalvoetspele September 2024” aansluit. Die woorde Geloof, Hoop en Liefde het in liggies agterop die verhoog gepryk. Die program toon dat die gehoor kan uitsien na 25 sangitems. Onder leiding van ons burgemeesteres, Lida Strydom, skrywer, vervaardiger en verteller skets die storie ‘n dorpie in die Noord-Kaap wat sy eie “Olimpiese Spele” hou. Die Kaalvoetspele soos dit gedoop is, wys vir die wêreld dat “’n bespotting van Christenskap” wat ten toon gestel is tydens die openingseremonie van vanjaar se olimpiese spele, nie geduld sal word nie, maar dat atlete kan kragte meet met Christen Geloof, Hoop en wedersydse Liefde.
Wat ‘n skouspel was vanjaar se konsert nie! Die wekelange voorbereiding en opoffering het groot dividende betaal. Puik klank en beligting met verhoogbestuur wat hulself ‘n pluimpie kan gee, want om die dekor 25 keer te verander sonder om die vloei van die konsert te vertraag, vat ‘n spesiale poging. Dit is duidelik vanuit die gehoor dat elke akteur en aktrise hulle rolle met oorgawe vertolk. Dit mag dalk oordrewe klink, maar dit is asof die woorde en gepaardgaande emosie deur elkeen self gepen en ervaar is. Die absolute oortuiging waarmee items gelewer is sonder om self te sing en die gevoel wat met gebare, lyftaal, dans en gesigsuitdrukkings oorgedra is, was wonderlik. Elke lied het tot die verhaal bygedra en die milieu word deurgaans deur die verteller ingekleur.
Vanjaar se konsert het die emosies laat opvlam van die eerste item “Soos ‘n vlam in die nag” en met elke Afrikaanse lied daarna wat jou opnuut laat besef wat ‘n voorreg dit is om Godvresende Afrikaners te wees wat saam kan lag en huil tussen jou eie mense. Die afsluiting “Dis wie ons is” was so gepas. Dit het my ook laat wonder hoe kry tannie Lida elke jaar so baie mense wat bereid is om hulle trots in hulle sakke te steek en te sê hoe kan ek die mense help vermaak. Om ‘n beste lied te kies voel half onregverdig en gelukkig was dit die werk van die drie beoordeelaars. Met pure plesier het “Swem, Jannie, swem”, “Tannie Katesbes”, “Orania Kletsrym”, “Breek my Hart” en “Ruiter van die windjie” beslis al die regte knoppies gedruk. Ek dink ook spesiale vermelding moet gemaak word van Orania Kletsrym wat die enigste oorsproklike lied van die aand was. MC Frikkie en Eben Klein het met ‘n foutlose vertoning die gehoor laat skaterlag en saam laat kletsrym. Dié kletsrym is oorspronklik vir vanjaar se Orania Skouspel deur Frans de Klerk geskryf.
Tannie Katesbes is as wenner deur die beoordeelaars aangewys en was waardig van die titel maar ek kan net dink dat dit ‘n moeilike besluit moes wees. Die gebruiklike veiling aan die einde van die aand waar die gehoor deur middel van hulle beursies hul gunsteling kan aanwys, was ‘n kop aan kop besigheid met duisende ora wat vir ‘n pioniersbeeld ingesamel is. James Kemp wat die veiling behartig het was op sy stukke en het die veiling in ‘n komiese bydrae tot die konsert omskep.
Dae na die konsert was my stem nog seer van al die saamsing. Die liedjies het nog in my kop weerklink en ek het gewonder hoe Janneman Roux in Ruiter van die Windjie sy bene so hoog kon skop en hoe lekker dit was om as een man “Ja” te skreeu elke keer as Eben de Klerk daarvoor vra. ‘n Gemeenskap word gevorm en kry standvastigheid deur dit wat ons saam doen en beleef. Mag die Kaalvoetkonsert sy rol in die verband vir altyd vervul.

TAGS:

Potchefstroom se Aardklop bied ‘n verhoog vir die kunste

Aardklop is van 24 tot 29 September aangebied en die tema vir 2024 was, Hier kom ons!
Koerania het ‘n media-uitnodiging ontvang om Aardklop by te woon en het sekere vergunning gekry om ‘n paar vertonings by te woon. Elke bladsy van die feesgids maak dit nog moeiliker om te kies wat jy wil hoor, sien of beleef.
Toneel, kinderteater, musiek, leefstylaanbiedinge, aktuele- en boekbesprekings, visuele kunste het deel uitgemaak van ‘n gepakte program. Die feesterrein, met vele kosstalletjies en ander items wat te koop aangebied is, het duisende voete getrek.
PretoriaFM het as mediavennoot opgetree en het ‘n rits onderhoude met kunstenaars gevoer wat as promosie vir hul optredes gedien het.
Koerania se fokus was wel aktuele en boekbesprekings, maar die musikale en storievertelvernuf van Amanda Strydom – Hoe ons voel, Coenie de Villiers – Op ‘n eiland en Leon Gropp – Rooidag NP van Wyk Louw getoonset, was uit die boonste rakke en bloot musikale perfeksie. Daar was ‘n hele klomp ander fantastiese aanbiedinge, maar die lywige program maak dit onmoontlik om by alles uit te kom.
Befaamde kitaarspeler Mauritz Lots het ‘n paar keer tydens die week sy verskyning gemaak om sy pragtige talent by ‘n paar produksies te voeg. Hy kraai veral koning in Roem, waar Coenie de Villiers en Deon Meyer kragte saamspan om ‘n Musiekverhaal te skep.
Boekhoogtepunte was die gesprekke met Emma van der Walt – Die donker wêreld van mensehandel, Ivor Swartz en Johnny Davids – Nogtans en ten spyte van, Ebbe Dommisse – Die lewe van ‘n magnaat, Dibi Breytenbach – Heksejag en Hykie Berg – Geroep vir meer.
In 2025 word die Aardklop Nasionale Kunstefees van 7 tot 12 Oktober aangebied.
Hou hul op FB dop vir meer: Facebook

TAGS:

Pekanneutkonferensie 2025 gaan oorBOORD

Die beplanning vir die jaarlikse A – Z Pekanneutkonferensie wat op die Dendronplaas buite Orania aangebied word sal vir kundiges, besoekers, leke en voornemende boere ‘n inspirasie wees.
Organiseerders van die konferensie het koppe bymekaar gesit om ‘n uitstekende program, wat praktiese hoogtepunte en hope leersame sessies sal insluit, te beplan. Dit word in die vooruitsig gestel dat daar op 8 en 9 April 2025 ‘n samevoeging van baie kundigheid sal wees waaruit elke besoeker en deelnemer kan put.
Daar sal aktuele kwessies oor grond, water, snoeimetodes en die biologie van pekanboerdery bespreek word. Voldoende tyd sal vir besprekings, vrae en informele gesprekke gegun word. Dit bly vir dr Ben de Klerk, Johan Coetzee en Francois Slabber ‘n prioriteit om geleenthede soos dié aan te bied om van mekaar te leer en op hoogte van die nuutste tegnologie te bly.
Die oggende sal aangewend word waar sprekers hul kundigheid sal deel om boere te bemagtig en albei middae word opsy gesit vir boordbesoeke- en besprekings waar praktiese aanbiedings sal geskied en waar platinum borge hulle produk of diens ten toon kan stel.
Daar sal genoeg inligting ingewin kan word sodat onnodige struikelblokke voorkom kan word.
Kom geniet Orania se Afrikanergasvryheid!
Stuur ‘n e-pos aan a-z@pekan.co.za om vir die konferensie te registreer. Meer besonderhede sal binnekort gedeel word.

TAGS:

Sy vier die soetigheid van die lewe

Dia van Staden – Redakteur

Die Wafelhuis het in April 2023 sy roomys- en wafeldeure geopen. Ilze Smit, die eienaar, is innoverend en hou van vernuwing. Haar gunsteling op die spyskaart is ‘n Chai dubbeldik melkskommel. “Dit smaak verruklik,” sê sy terwyl haar kenmerkende klokhelder lag opklink.
Ilze en Derick Smit het gedurende Desember 2021 vanaf die Wes-Kaap na Orania verhuis en het gou tot die gevolgtrekking gekom dat hulle die hitte van die Karoo met iets kouds sal moet probeer verdryf. In April 2023 kon dié wat warm kry die Wafelhuis as ‘n roomyshawe ontdek.
Sy vertel dat die kies van ‘n naam ‘n uitdaging was, maar dat sy uiteindelik tevrede was met Wafelhuis. Daar is hoofsaaklik met draairoomyse en wafels afgeskop, maar tans word daar byna maandeliks iets nuuts op die spyskaart of die rakke bygevoeg.
Dit is alombekend dat Orania slegs twee seisoene het, winter en somer. Wanneer die hittige somer wyk maak dit plek vir ‘n uiters geniepsige winter. Daar is egter planne beraam en die soutwafels wat as ‘n plaasvervanger vir ‘n vervelige ontbyt dien, bevat spek, eier, sampioene, uie en kaas op ‘n smullekker wafel. Die heerlike pannekoekopsies is baie gewilde winterkeuses.
Die somer het egter skielik opgedaag en nou is dit weer tyd vir kinderpartytjies met roomyskoeke, balonne, gekleurde bordjies en allerhande temaversierings wat alles by die Wafelhuis te koop is. Tussen 6 en 20 kinders kan vir ‘n partytjie geakkommodeer word. Elke maatjie se geluksakkie of boksie word volgens die tema en die ouer se begroting deur Wafelhuis voorberei.
Kinders kan in ‘n beheerde omgewing hulself geniet. Elkeen bou hul eie wafel deur ‘n bolaag van hul eie keuse op te sit en verder al die smaaklike opsies op die tafel te beproef. “’n Partytjie tuis laat jou met hoër kostes en die gemors om na die tyd self op te ruim. Hier doen die Wafelhuis se personeel dit vir jou,” sê Ilze.


“Ons hou geskenke en partytjiebenodighede in voorraad, want die ouers vind dit maklik om van ons instapdiens gebruik te maak kort voor ‘n partytjie gehou moet word of daar die laaste minuut geskenk vir ‘n maatjie gekoop moet word,” gesels Ilze.
Families en studente maak ook van geleenthede gebruik om in groepe saam te kuier terwyl daar aan ‘n soet draairoomys, kleurvolle bakkie met roomys of iets anders op die spyskaart gesmul word. Ilze verwys na hul een kliënt wat hul weekliks besoek en haar breiwerk saambring, omdat daar ‘n heerlike kuieratmosfeer met gewilde outydse musiek geskep word.
Die aanstel van personeel is ‘n gedurige uitdaging en sy vind dat mense aansoek doen om te oorleef, eerder as dat hul ‘n aanvoeling vir dienslewering of die produk sou hê. “In ‘n kliëntediensomgewing moet daar hart en toewyding wees. Dit moet amper ‘n tweede huis vir jou wees. As daar vir iemand kos voorgesit word moet dit uniek en lekker wees. Slegs as jy jou hart in jou werk sit, gebeur dit.” Ilze glo egter dat sy nou ‘n wenspan het!
Ander gunstelinge vir Ilze is hulle koffie, maar die gedurige toevoeg van nuwe produkte bly vir haar lekker. “Ons bekostigbare pryse en gehalte produkte moet vir elke besoeker ‘n aansporing wees om ons weer te besoek en by vriende aan te beveel.”
Gee vir haar die bosveld, ‘n lekker koppie rooibostee en ‘n kampplek waar jy vriendelike mede-kampeerders kan ontmoet, maar ook vrede kan ervaar. “Kamp het onlangs onder my vel kom inkruip en dit bly ‘n interessante ervaring,” sê Ilze.
Dié diereliefhebber sit met ‘n erf vol viervoetiges. Sommige van hulle diere is nog op die plaas in Villiersdorp, maar sy beoog om al die diere op ‘n stadium na Orania se vlakte-erf te skuif.
Ilze skram nie daarvan weg om haar eerbied vir God uit te spreek nie. “Dié mense wat nie lief is vir God nie, het Hom nog nie ontmoet nie,” verklaar sy onomwonde. “My eerste gesprek en laaste gesprek van die dag is met Hom. God is altyd daar vir jou, maak nie saak wat jou uitdagings is nie. My verhouding met hom is belangrik en deurslaggewend. As mense na jou kyk moet hulle wil hê wat jy het, en dit is nie aardse goed nie, dit is iets wat uit jou siel moet straal.”

TAGS:

Erfenisdag by die Voortrekkermonument vier Genealogie en Familie-erfenis

Die Voortrekkermonument het op Erfenisdag behoorlik gewemel van opgewondenheid met die lang verwagte Genealogie- en Familiefees wat weer vanjaar aangebied is.
Die geleentheid, ’n geliefde tradisie, het vir feesgangers ’n unieke geleentheid gebied om diep in hul familiewortels te delf terwyl hulle ’n verskeidenheid aktiwiteite geniet wat toegewy is aan die bewaring van familie-erfenis.
Die FAK Genealogielessenaar, wat in Januarie 2020 gestig is, was ’n sleutelkenmerk van die dag. Die lessenaar, wat oorspronklik geskep is om FAK-vriende en die breër publiek met genealogiese navorsing by te staan, verskaf steeds waardevolle inligting oor stambome en erfenis. Besoekers is begroet deur ’n verskeidenheid kundiges wat gereed was om hulle te help om hul ingewikkelde familiestambome te ontsluit.
Jean Visser, een van die feesgangers was baie beïndruk met wat hy ervaar het by die Genealogiefees.
“Dit was vir my vreeslik lekker om my stamboom op te soek in die bronne wat daar was vandag. Ek het nie gedink ek sal enige iets vind nie, aangesien my oupa op ’n skip in Suid-Afrika aangekom het van Nederland af. Ek het toe uiteindelik op my oupa se pa afgekom in een van die boeke.”
’n Hoogtepunt van die dag was die insiggewende paneelbespreking getiteld “Die A, B, C, D, E, F, G van Genealogie,” gelei deur Isabel Groesbeek, FAK se projekbeampte vir genealogie.
Saam met haar was gewaardeerde genealogiese kundiges Tertius Bartmann en dr. Andrew Cook, wat die gehoor in ’n gesprek oor die grondbeginsels van genealogiese navorsing betrek het. Dit het groot entoesiasme onder beide beginners en ervare genealoë aangewakker.
“Die Genealogiefees het 16 verskillende familiebonde, uitgewers en uitstallers gesien waar feesgangers heerlik kon saamkuier en navraag kon doen oor hulle voorouers en stambome. Die mense het dit baie geniet en die uitstallers het ook weer ‘n netwerkgeleentheid gehad. En dit is dan nou juis die doel – om persoonlike erfenis te bevorder en seker te maak dat elke persoon sy eie familiestorie skryf,” sê Groesbeek.
Feesgangers het ook ’n wye verskeidenheid van spesifieke stalletjies verken, waar hulle dieper in die geskiedenis van verskillende familiename kon duik. Hierdie interaktiewe ervaring het feesgangers in staat gestel om op ’n sinvolle manier met hul erfenis te skakel en meer oor hul familie-oorsprong te leer.
“Ek was so ver elke jaar hier gewees en dit was regtig ’n lekker dag gewees. Vandag was baie besonders met al die verskillende uitstallings en familiebonde wat vandag hier teenwoordig was,” meen Dennis Malan, voorsitter van die Malan-familiebond Suid-Afrika en bestuurslid van die Hugenote Vereniging.
Barry Müller, hoof van nasionale projekte, het klem gelê op die belangrikheid van genealogiese navorsing.
“Vir ’n volk wat diep gewortel is in ons geskiedenis, speel genealogiese navorsing ’n kardinale rol in die herontdekking van ons erfenis. Dit gee ons jongmense nie net insig in waar hulle vandaan kom nie, maar versterk ook hul kulturele selfvertroue. Deur die stories van hul voorouers te leer ken, kan hulle ’n sterker identiteit bou en met groter trots hul kultuur en tradisies dra,” sê Müller.
Die dag is afgesluit met ’n opwindende gelukkige trekking, waar die gelukkige ses wenners, Janine van der Walt, Jan-Ludi Esterhuizen, Johan Swart, Nick Swart, Annamarie Dreyer en Liesl Loock weggestap het met pryse wat wissel van ’n naweek vir vier by die FAK se rivierplaas, Udolpho, in die Vrystaat tot ’n Buffetete vir twee by die Voortrekkermonument.
Met prettige aktiwiteite vir die hele gesin en ’n sterk fokus op genealogie, het vanjaar se fees weereens die belangrikheid beklemtoon om te weet waar ons vandaan kom en om die bande wat ons saambind, te vier.
Genealogieliefhebbers kan ook uitsien na die Genealogie- en Familiefees wat in die Kaap op Saterdag 19 Oktober 2024 aangebied word. Die fees word aangebied deur die FAK se Kaapse kantoor in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV). Die fees word by SASNEV, Sentraalplein 4, Pinelands, Kaapstad gehou en kostes beloop R60 vir volwassenes en R30 vir skoolgaande kinders.
Vir meer inligting oor genealogie of om toegang tot genealogiese hulpbronne te verkry, besoek die FAK-webwerf of kontak vir Isabel Groesbeek by isabel@kultuurtuiste.org.za

TAGS:

Vryheid in ons lone

Goedkoop arbeid?
Is dit genoeg om net te probeer oorleef? ’n Minimum loon word wetlik voorgeskryf. Dit verwys na die laagste bedrag wat ’n werkgewer moet betaal sodat ’n werknemer basiese oorlewing kan verseker. Die fokus lê dan op wat die minimum is wat ’n mens kan gee vir die persoon se arbeid. Dit neem nie die wyer menswaardigheid of werklike behoeftes in ag nie. Hierdie beskouing lei tot ’n instrumentele benadering tot mense. Ons medemense word dan gesien as middele wat gebruik moet word om werk te verrig. Die vergoeding is dan net genoeg om oorlewing te verseker.
Die vraag wat hier opduik is: is oorlewing genoeg? In die Bybel sien ons dat God van Sy mense meer verwag as net om vir die basiese oorlewing van ander te sorg. In Levitikus 19:13 staan daar: “Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.” Die teks dui aan dat mense se arbeid behoorlik vergoed moet word. Jy mag nie jou naaste verdruk of beroof nie. Dit beklemtoon dat geregtigheid in lone moet gaan oor respek vir die persoon en sy arbeid.

Vryheid deur arbeid
’n Regverdige loon is ’n veel dieper konsep wat fokus op die waarde van ’n persoon en sy arbeid. Dit beteken om in harmonie met God se geregtigheid te leef. Dit vra die vraag: wat is ’n regverdige loon? ’n Regverdige loon stel mense in staat om volledig menswaardig te leef. Sodat elkeen aktief kan deelneem aan die gemeenskap, eerder as om net te oorleef.
Die Bybel wys op verskeie plekke dat werkers regverdig behandel moet word. In Jakobus 5:4 waarsku die Bybel teen die wat werkers uitbuit: “Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.” Dit is ’n ernstige waarskuwing dat ongeregtigheid in lone God se geregtigheid oortree en ’n morele las op die gemeenskap plaas.

Hoe maak ons dan nou?
Die minimum loon is daarop gefokus om ’n werknemer net te laat oorleef. Dit ignoreer dikwels die breër regte en waardigheid van die individu. ’n Regverdige loon, aan die ander kant, dra ’n sterk etiese en Bybelse karakter. Dit erken dat mense geskape is na die beeld van God en daarom nie net moet oorleef nie, maar in vryheid moet kan lewe. Die Here Jesus se woorde in Matteus 7:12, “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen” beklemtoon die oproep tot regverdigheid en om ander mense met respek te behandel.

’n Eie ekonomie?
In Orania het ons eie arbeid, eie instellings, eie grond, maar wat van ’n eie ekonomie? In Orania, met sy fokus op selfstandigheid en ’n nog ontwikkelende ekonomie, is daar ’n praktiese uitdaging om ’n regverdige loon te verseker. Die ekonomie van goedkoop arbeid in Suid-Afrika kan dit moeilik maak om werklik regverdig te wees in loonbetalings. Die druk van koste en die klein skaal van besighede beteken dat minimum lone meer realisties is as regverdige lone. Die spanning tussen ekonomiese oorlewing en morele regverdigheid is ’n voortdurende uitdaging.
Ons op Orania, kan dit gesamentlik aanpak as ons dieselfde doel voor oë het. Die uitdaging vir ons op Orania is dus om maniere te vind om regverdigheid te balanseer met die realiteite van ’n klein, groeiende ekonomie. Dit sluit in die skep van omgewings waarin werkers nie net ’n minimum loon ontvang nie. Maar eerlike vergoeding wat hulle toelaat om volwaardige lewens te leef en by te dra tot die gemeenskap. ’n Lewe van vryheid.

Ten slotte
Terwyl Orania steeds op pad is na volledige vryheid en selfstandigheid, en uiteindelik streef na die doel van ’n republiek. Is dit belangrik dat ons intussen die ongeregtighede van die huidige Suid-Afrikaanse stelsel neerlê. In hierdie tyd van bou en groei moet ons, as ’n gemeenskap, ons ore spits vir die stem van God in Sy Woord. Hy roep ons op om regverdig te handel. Nie volgens die minimum vereistes van oorlewing nie, maar volgens die beginsels van liefde en geregtigheid wat ons oproep om mekaar in waardigheid te behandel. So kan ons, selfs nou, begin om ’n gemeenskap te vestig wat werklik op God se geregtigheid gebou is. Om ’n voorbeeld te wees van Sy koninkryk op aarde.

TAGS:

Die Voortrekkermonument lééf in Erfenismaand!

Die Voortrekkermonument (VTM) is elke dag ’n miernes van bedrywighede en hiérdie Erfenismaand was geen verskil nie, met verskeie feeste én die eerste Nagtoermaraton wat vir groot opwinding op die terrein gesorg het.
Meer as 12 000 mense het die monument en terrein deur die maand besoek en dit sluit die feeste uit.
Erfenisdag is jaarliks ’n groot hoogtepunt op die VTM-kultuurkalender en vanjaar het duisende mense weer op dié dag by die monument kom kuier om hul kultuur te vier, maar die kersie op die kultuurkoek was verreweg die nagtoere wat tussen 20 en 27 September aangebied is.
Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die VTM dat dié Nagtoermaraton aangebied is en honderde mense, insluitend besoekers uit Hongarye, Duitsland en Nederland het die opwindende toere meegemaak.
Christa van de Wetering het ses Nederlandse studente van die Greijdanus School in Zwolle, Nederland, na dié toere genooi as deel van die jaarlikse Sparkles Exchange-uitruilprogram van die Gereformeerde Skool Dirk Postma in Waverley.
Sy vertel dat dié uitruilprogram die leerlinge blootstelling gee aan ander kulture en hul geskiedenis, en die nagtoer was vir haar die perfekte manier om die jong Nederlanders aan die Afrikanerkultuur voor te stel.
“Die Voortrekkermonument was vanjaar ’n groot hoogtepunt vir die studente veral omdat hulle die geskiedenis van die Groot Trek op so ’n unieke manier kon leer.”
“Die toneelspel en beligting was asemrowend, tog was die lekkerste deel van die toer volgens al die studente die boerebederf voor die vertonings,” sê Van de Wetering.
Die groep het ’n behoorlike kultuurinspuiting by die monument gekry en heerlike potjiekos en tuisgebakte brood hiér geniet.
“Daar’s min dinge so eg Suid-Afrikaans as ’n lekker bord potjiekos, so dit was ’n heerlike verrassing tydens die nagtoere,” sluit Van de Wetering af.
Die Nagtoer was vanjaar ook vir die eerste keer in Engels aangebied en een van die besoekers, Agnes Feher, sê dit was ongelooflik om die geskiedenis op so ’n skouspelagtige manier te kon leer en ervaar.
“Ons het die toer baie geniet. Daar is soveel van die stories wat ek reeds geken het, maar om dit só te ervaar en déél te word van die vertelling was werklik asemrowend,” sê Feher.
Christiaan Jordaan, toerismehoof van die VTM, sê hy is baie opgewonde dat die monument vanjaar tydens Erfenismaand weer bewys het waarom dit as een van die gewildste toeristeaantreklikhede in die land bestempel word.
“Erfenismaand was beslis ’n hoogtepunt vir ons by die VTM met meer as 12 000 mense wat vandeesmaand die monument en terrein besoek het, dan praat ons nie eers van dié wat hier kom kuier het op Erfenisdag, tydens ons Nagtoere of met die afgelope naweek se Wyn en Wildsfees nie,” sê Jordaan.
“Die monument is werklik ’n tuiskomplek vir almal wat hul kultuur wil kom uitleef en dit maak ons baie trots om te sien dat dit nie net plaaslike besoekers is nie, maar mense van alle uithoeke van die aarde wat inkoop in die verhaal wat ons hier vertel. Met die nagtoere het ons ook op die laaste aand ’n 10de verjaarsdagpartytjie aangebied wat net weer bewys dat ons land se jongmense ook ’n groot liefde het vir hul kulturele erfenis en dit gee my baie hoop!”
Jordaan sê hy hoop dat hierdie Erfenismaand mense geïnspireer het om nie net een keer ’n jaar hul kultuur te vier nie, maar dit elke dag uit te leef, en waar beter om dit te doen as by die Voortrekkermonument?

TAGS:

Sjina is Marna se tydelike tuiste

Dia van Staden – Redakteur

Sy is ter wille van oorlewing in 2019 na Sjina, en na 4 jaar en 10 maande daar het sy gedurende Junie en Julie weer in Suid-Afrika kom kuier. Haar huisie in Opaalstraat, wat sy in 2010 gekoop het, het haar met bekende boeke, meubels, persoonlike kosbaarhede en Orania se alombekende stof verwelkom.
Marna Swart is ‘n geregistreerde professionele natuurwetenskaplike (Pr.Sci.Nat), asook ‘n GIS-praktisyn (Pr.GISc.) wat haar B.Sc. (Wiskunde en Geografie) en B.Sc.Hons in Geografie aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit behaal het. Sy het navorsing langs die Oos- en Suidkaapse kusduine in Kusgebiedbestuur, ‘n onderafdeling van Omgewingsbestuur, vir haar M.Sc. aan die Universiteit van Port Elizabeth gedoen. Sy het in haar loopbaan verskeie kere ‘n Geografiese inligtingstelsel vir die Departement Omgewingsake ontwikkel waarmee kaarte op ‘n rekenaar dit moontlik maak om allerlei analises daarmee te kan doen.
Marna is meerendeels vir die vak Engels verantwoordelik wat sy tans in Quanzhou, in die Fujian Provinsie as deel van ‘n Kanadese program by ‘n Sjinese hoërskool, onderrig. Sy het juis in Junie daarheen verhuis om vroegtydig haar permitte te kry, sodat sy vir die eerste keer sedert 2019, ‘n besoek aan haar vaderland en haar mense kon bring.
Dié perfeksionis skroom nie vir ‘n uitdaging nie. Sy is gemaklik met haar eie geselsskap en het vir eers die aanleer van die taal opsy geskuif sodat sy op haar werk kan fokus. “Sjinees is baie moeilik, aangesien hulle van vier toonhoogtes gebruik maak. “Dit is my vyfde taal, maar beslis die moeilikste! Die foonvertaler maak egter kommunikasie byna soomloos. Ek sal wel een of ander tyd weer die volledige aanleer van die taal aandurf, al is dit net vir basiese dinge oor kos,” vertel Marna. Dit neem haar soms byna twee ure om uit te vind watter bestandele in kos gebruik word.
Dit gebeur gereeld dat haar leefritme uit werk, eet, soms slaap en busry bestaan. Noudat sy haar Sjinese bestuurslisensie het mag dit haar tot nog meer avonture lei. Sy het sedert 2023 ‘n paar keer ‘n kar gehuur om die Hainan-eiland die Guangdongkus, berge en ‘n dam te verken. Dit is plekke waar min uitlanders en selfs Sjinese al gekom het.
Tussen die uitwerk van lesse en opbou van leermateriaal spreek sy haar waardering vir die pragtige land uit en ontdek graag nuwe dele daarvan. “Ek fokus op die positiewe.”
Sekere goed bly vir haar eienaardige in dié land. Sy is allergies vir gluten, suiwel, eiers, heuning en soja en is bloot te onseker oor wat hul in hul kos gebruik en byvoeg. Al wat sy wel eet is klein vleisstukkies wat op sosatiestokkies bedien word. Groente soos sampioene en selfs blaarslaai word op stokkies geryg en gebraai. Sy het al gewaag om gebraaide paddas in Yiwu te eet en dit het soos hoender gesmaak. Sy gril vir hulle sop wat herinneringe van haar koshuis se skottelgoedwater oproep.
Marna is in Augustus 2019, net voor sy na Sjina verhuis het, met die groot K gediagnoseer. Sy was tot 2022 op ‘n uiters streng dieet van rou groente, slaai en vis. Sy geniet dit om haar eie kos te maak. “Jean is ‘n Suid-Afrikaner wat baie gewild is vir sy vleis wat jou minder laat huistoe verlang. Toe ek in Desember 2022 kankervry verklaar is het ek myself bederf met tjops, skilpadjies en boerewors uit sy slaghuis in Beijing en Shanghai,” noem sy. Hy kan by www.farmerbutcher.com gekontak word.
Sy komplimenteer wel die Sjinese se vars vrugtesap wat by talle stalletjies of winkeltjies te koop is. In Yiwu het sy ‘n paar keer saam met ‘n Turkse kollega by ‘n Turkse restaurant geëet en in Shenzhen by ‘n gawe Sjinese restaurant, waar die SA-braai aangebied was. Daar het sy lamtjops en skyfies geniet. “Wanneer ek ‘n McDonald’s of KFC sien eet ek skyfies daar.” Sy het altyd sout, mes, vurk en teelepel by haar wanneer sy reis, want dit is nie oral beskikbaar nie.
Haar belewenis van die grendelstaat in Sjina, waar sy vir 19 maande, 2021 tot 2023 gebly het, en tydens die erge inperkings van 2022 in Yiwu in die Zhejiang Provinsie agter ysterheinings, hekke, lemmetjiesdraad en rolle lemmetjiesdraad letterlik ingegrendel was. Daar het sy vir laerskool (Gr 1 tot 6) mondelinge Engels gegee en eintlik die kleintjies vreeslik geniet omdat hulle wil nog leer en nie omgee wat ander van hulle dink nie! Sy het al wiskunde, geografie en omgewingstudies ook aangebied. Soms is haar kontrak by ‘n skool slegs drie maande, maar die rondtrerkkery sorg dat sy telkens nuwe dele van die land ontdek.
Marna is al sedert 1986, toe sy ‘n student aan RAU was, ‘n ondersteuner van selfwerksaamheid en die volkstaatideaal. Sy het middel 2012 na Orania verhuis. Wanneer sy nie meer ‘n werkspermit in Sjina kan kry nie, sal sy terugkeer na Orania. “Ek moet nou spaar vir my oudag!”
‘n Groot uitdaging is dat sy nie werklik haar geloof in die publiek kan uitspreek nie. “Jy moet baie let op jou optrede, want dit word jou enigste getuienis vir kinders,” vertel Marna. Volgens haar kan sy slegs die musiek in ‘n Sjinese kerk verstaan. Die kultuurverskille soos die gespoeg, gesnork en winde opbrekery is iets van hul kultuur waaraan sy net eenvouding nie gewoond sal kan raak nie.
As Marna weer moes kies sou sy dieselfde beroepspaadjie kies, want sy het haar beroep geweldig geniet. Die tekort aan geleenthede en die feit dat mense nie haar veld werklik verstaan het nie het haar genoodsaak om ‘n ander uitweg te soek.
Sy wil jongmense aanmoedig om ‘n beroep te kies waarvan hulle sal hou. “Moet nie iets kies wat jou ouers wil hê jy moet doen nie, want dan sal jy altyd ongelukkig wees. Volg jou droom! Maak die beste van elke geleentheid! Wees jou beste self!”

TAGS: