deur die Burgemeester se Bril
deur die Burgemeester se Bril

‘n Dinamiese werklikheid
Orania word vanjaar 34 jaar oud! Ons Ohet oor die afgelope aantal jare
gegroei van ‘n idee tot ‘n dinamiese
werklikheid. Orania verkeer byna weekliks in
die kalklig. Dit is nie meer vreemd dat Orania
tot vyf spanne internasionale joernaliste op
een dag ontvang nie.
Internasionaal is daar al hoe meer
belangstelling in Orania omdat ons oor jare
suksesse kon toon en steeds op ons
oorspronklike beginsels voortbou. Hierdie
tendens het oor tyd ontwikkel omdat die
Orania-idee op enige verhoog sonder skroom
verduidelik kan word.
Waar begin die idee van Orania?
Die idee van Orania het met die genade van
ons Skepper by visionêre Afrikaner-leiers
ontstaan.
Die leiers wat reeds in die sewentigerjare van
die vorige eeu diep nagedink het oor ons
toekoms, was mense soos prof Carel Boshoff
en dr Chris Jooste. Hulle het veral die
demografie in Suid-Afrika oorweeg en
daarvolgens baie duidelik aangetoon dat, as
Afrikaners as ‘n volk wil oorleef, hulle
opofferings sou moes maak. Hierdie
opofferings het ingesluit om na die
laagbevolkste gebied in Suid-Afrika te verhuis
omdat hier in die Noord-Kaap ‘n
“demografiese gat” bestaan het. Die idee was
dat Afrikaners hier kan konsentreer en ‘n
meerderheid kan word sodat hulle uiteindelik
oor hulleself sal kan regeer.
Eie arbeid in ons streek
Die voorwaardes wat die destydse SuidAfrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede
(SABRA) en die Afrikanervryheidstigting
(AVSTIG) vir Afrikaners se oorlewing gestel
het, was eie grond, eie arbeid en eie instellings.
Hierdie voorwaardes is noodsaaklik omdat
Afrikaners ‘n baie klein minderheid in SuidAfrika geword het en daarom in Suid-Afrika
baie min regte oorgehou het. Diep gegronde
navorsing het die idee van Orania
voorafgegaan en daarom kan Orania onderskei
word van ander oplossings wat in die res van
Suid-Afrika bedink is. Ons vergeet dit soms as
ons uitdagings moet hanteer en gryp dan terug
na stelsels wat ons vantevore gebruik het, of
wat aan ons bekend is, maar wat in die meeste
gevalle nie gewerk het nie.
Orania is as gemeenskap veilig omdat ons ons
eie arbeid verrig en daardeur slegs Afrikaners
in Orania vestig. Indien ons oor ‘n streek
beskik, waar ons steeds net Afrikaner-arbeid
gebruik sal dit noodwendig op die veiligheid
in die streek ‘n groot positiewe invloed hê. Vir
die meeste van ons is die idee van eie arbeid
relatief nuut, en ons het dikwels nog nie goeie
begrip vir die voordelige gevolge daarvan nie.
Een van die belangrikste gevolge van eie
arbeid is veiligheid. Laat ons onsself gereeld
daaraan herinner!
Orania het ‘n beproefde, werkende idee en ons
moet dit in ag neem as die omstandighede
rondom ons onstuimig raak.
Suid-Afrika is koorsig!
Amerika het genies en nou is Suid-Afrika
vuurwarm van die koors. Beskuldigings word
heen en weer geslinger en volgens
mediaberigte en sosiale media word die wig al
verder tussen rassegroepe in Suid-Afrika
ingedryf. Die ANC se gewildheid is volgens
peilings die laagste nog. En internasionaal is
die ANC nie meer die liefling nie. Hoe groter
die krake, hoe meer ekstreem raak die
uitsprake deur sommige parlementslede en die
publiek oor die algemeen. Daar word nou
kliphard na ‘n sondebok gesoek en ons lees
reeds dat afgevaardigdes van die Solidariteit
Beweging en AfriForum van hoogverraad
aangekla is omdat hulle Amerika besoek het
en met staatsdepartemente in gesprek getree
het. Orania stuur ook binnekort ‘n
afvaardiging na Amerika.
Orania se idee staan trots!
Orania het oor die afgelope meer as dertig jaar
hard daaraan gewerk om ‘n tuiste vir
Afrikaners te vestig. Ons strewe was van die
heel begin af: Vryheid vir Afrikaners. As ‘n
mens nou weer die navorsing en dokumente
van die visioenêre leiers wat die Orania-idee
uitgedink het, lees, is ‘n mens opnuut beïndruk
deur die suiwerheid van hulle denke. Maar
veral, dat ons idee oor tyd getoets is op talle
wêreldverhoë en dat ons nie te lig bevind is
nie.
Apartheid was nie die antwoord nie
Die leiers van SABRA en AVSTIG het baie
vroeg reeds aangedui dat apartheid nie
volhoubaar is nie en dat Afrikaners vir
hulleself ‘n heimat sou moes skep. Prof Carel
Boshoff en dr Chris Jooste het van die begin af
daarop gestaan dat die Orania-idee nie sou
slaag as ons teen ander rasse diskrimineer nie.
Prof Boshoff skryf in sy biografie, Dis nou ek,
Carel Boshoff op bladsy 407:
“Wat Orania wel skade kan aandoen en selfs
ons ideaal kan vernietig, is rasvyandige
voorvalle en optredes. Daarop moet ons bedag
wees en met ons kinders daaroor praat. OBD
self moet daarop bedag wees in sy verkope en
beskikbaarstelling van grond. Nie alleen bots
dit met die Suid-Afrikaanse Grondwet nie,
maar ook met die ooreenkoms wat elke
inwoner onderteken het.”
“Ek beskou die aangeleentheid van soveel
erns dat ek dit eerder sonder aansien des
persoons, self by die Menseregtekommissie sal
aanmeld as daar ná onderhandelinge nie
daarvan afgewyk word nie. Ons kan dit net nie
bekostig nie.”
Só skryf prof Carel Boshoff self.
Apartheidswette het die vorige bedeling van
Suid-Afrika nie gered nie. Daardie Suid-Afrika
het verdwyn. Tans probeer die regering in
Suid-Afrika weer voordeel trek uit raswette
wat sekere groepe bo ander bevoordeel.
Hierdie diskriminasie is besig om die huidige
regering en selfs die huidige politieke bedeling
te laat sink.
In Orania moet ons deeglik kennis neem
daarvan en baie versigtig wees met ons
optrede. Ons wil nie ‘n stelsel herhaal wat nou
al bewys het dat dit nie werk nie. Ons kan ook
nie bekostig om ons ideaal te kelder nie, veral
nie met emosionele optrede nie.
‘n Nudisteoord vir Orania?
Beau Brummel het Orania in 2007 besoek met
die doel om ‘n nudisteoord vir wit mense in
Orania op te rig. Prof Carel Boshoff het hom
dadelik geskakel en aan hom verduidelik dat
rassiste soos hy nie in Orania welkom sou
wees nie.
Dit was van die begin af duidelik dat Orania
nie op haat vir ander volke gebou sou word nie
en dít was die belangrike beginsel wat
uiteindelik vir Orania ‘n deurbraak gemaak
het. Ons kan die Orania-idee met enige
iemand op enige plek bespreek en met
selfvertroue verdedig, want dit is nie op
rassehaat gebou nie. Bloot op die liefde vir ons
eie.
‘n Volk in trauma
Ons ganse geskiedenis word gekenmerk deur
trauma. Ons het ontstaan uit Hugenote,
Nederlanders en Duitsers wat vir hulle geloof
en vaste beginsels na die Suidpunt van Afrika
gevlug het. Daarna moes die Vryburgers
korrupsie aan die Kaap hanteer. Tydens die
Groot Trek het geweldige tragiese gebeure
plaasgevind. ‘n Klein, wordende volkie moes
die Groot Droogte en die Runderpes hanteer.
Die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het hulle
eie gevolge gehad. Die Eerste Wêreldoorlog en
die Rebellie
Daarna moes die Vryburgers korrupsie aan die
Kaap hanteer. Tydens die Groot Trek het
geweldige tragiese gebeure plaasgevind. ‘n
Klein, wordende volkie moes die Groot
Droogte en die Runderpes hanteer. Die Eerste
en Tweede Vryheidsoorloë het hulle eie
gevolge gehad. Die Eerste Wêreldoorlog en die
Rebellie van 1914 het diepgewortelde invloede
op ons gehad. Die groot Depressie en die
gevolglike armoede het ons volk verder
getraumatiseer. Kort hierna het die Tweede
Wêreldoorlog uitgebreek wat sy eie letsels
gelaat het. Uiteindelik kry ons ‘n Republiek in
1961, maar baie gou is ons betrokke by die
Grensoorlog. In 1994 beleef ons dat ons álle
mag, polities en militêr, verloor.
Al hierdie gebeure dra daartoe by dat ons ‘n
volk in trauma is, ‘n volk wat diep gewond is
en selfs nie die skade bereken het wat
apartheid aan ons gedoen het nie. Hierdie
trauma veroorsaak dikwels, dat ons met reg,
leiers wantrou en dat ons onsself wil afsluit
van die wêreld om bloot veilig te kan bestaan.
Natuurlik mag ons van mekaar verskil oor
verskillende sake, maar kom ons grond
verskille op goeie argumente.
Volkstaat of veiligheidsoord?
Waarheen is Orania op pad? Hoe lyk ons
toekoms oor vyf of tien of vyig jaar? Is ons ‘n
klein afgeslote sekuriteitsdorpie met goeie
toegangsbeheer waar ‘n groepie Afrikaners
kan wegkruip vir die buitewêreld?
Of is ons ‘n bruisende republiek wat ‘n
heenkome bied aan die Afrikanervolk waar
ons veilig is omdat ons, ons Skepper in
vryheid kan aanbid? Vryheid, nié veiligheid
nie, word vir volke as ‘n opdrag in die Bybel
gegee en die vryheid wat ons in die eerste plek
na moet strewe, is dat ons God Drie-Enig
moet dien in alles wat ons doen. Ook in die
republiek wat ons besig is om op te rig.
Hoe lyk ons toekomstige republiek? Sien u ook
die groot internasionale lughawe, die
ambassades van lande oor die wêreld wat ons
Afrikanervolk erken? Sien u internasionale
uitruilstudente wat aan ons universiteite kom
studeer omdat ons die beste opleiding in die
wêreld bied? Sien u mediese sentrums wat
wêreldklas operasies uitvoer? Sien u dat ons
voorlopers is in landbounavorsing? Sien u
internasionale rugbyspanne wat teen die
Orania Krygers uitdraf? Sien u die beste
moontlike geleenthede vir ons kinders en
kleinkinders in Orania? Ek is so diep
opgewonde oor die toekoms waaraan ons bou.
Ons Vader in die hemel het hierdie roeping
aan ons gegee dat ons ‘n plek vir ons nageslag
moet bou, Hy wat die tye en plekke van volke
vasstel, Hy het aan ons ‘n roeping gegee wat
ons nie kan weier nie.
In Orania bely ons dat Christus die Redder is
van alle volke en nasies en dat Hy die
Bemiddelaar is wat volke met ons Hemelse
Vader versoen. Dit is in Christus wat ons hoop
vind vir ‘n vrye toekoms hier aan die Suidpunt
van Afrika.
Sedert die tagtigerjare was daar verskeie
politieke voorstelle en pogings ten opsigte van
oplossings vir Afrikaners. Die enigste idee wat
die toets van die tyd deurstaan het, is die
kleine Orania. Orania is al wat ons het, laat
ons dit nie deur ons optrede in gevaar stel nie.
Maar watter ongelooflike voorreg om te kan
werk aan hierdie vryheidsideaal. Is dit ook die
ideaal wat in u hart brand? So ‘n ideaal vra
opoffering en fyn voetwerk. Ons benader dit
anders as wat ons die toekoms van ‘n
veiligheidsoord sou benader.
Hoe lyk veiligheid vorentoe?
Die waarheid is dat nie een van ons môre se
koerant het nie. Ons weet dus nie wat in die
toekoms gaan gebeur nie. Ons weet wel dat die
emosies tans hoog loop en dat ‘n vonk in die
kruitvat ‘n vlammehel tot gevolg kan hê.
Ons ontken nie dat rassehaat in Suid-Afrika
tans aangeblaas word nie, maar dit is nie ons
geveg nie.
Ons kan almal saamwerk om OVD te versterk
en Orania meer weerbaar te maak. Hou oë en
ore oop, meld enige iets wat u ongemaklik
maak onmiddellik by OVD aan. Bied aan om
by OVD te help met veiligheidsdienste en om
patrollies te ry. Doen moeite om jouself en jou
gesin weerbaar te maak. Bid sonder ophou.
Maar moenie vrees nie!
In moeilike tye is dit maklik om vreesbevange
te raak. ‘n Mens sien dat daar op groepe vrees
gestook word en dat die berigte wat op sosiale
media gedeel word, vrees aanjaag. Onthou
maar dat vrees van die duiwel af is; moet nie
die duiwel se werk vir hom doen nie.
Kom ons vertrou in goeie en slegte tye op God
Almagtig, dit is Hy wat ons in ons nood sal
raaksien en ons sal uitred as dit Sy wil is. Kom
ons bou voort op die suiwer beginsels wat
AVSTIG sedert sy ontstaan as basis gebruik
het. Daar is so baie werk om te doen!
Ten slotte
Waarmee is ons besig? Handelinge 5: 38 en 39
– want as hierdie voorneme of hierdie werk uit
mense is, sal dit vernietig word; maar as dit uit
God is, kan julle dit nie vernietig nie – dat dit
nie bevind word dat julle selfs teen God stry
nie.
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele
wêreld vry!