OVD gaan veiligheid se frekwensie verhoog

OVD gaan veiligheid se frekwensie verhoog

Die Orania Veiligheidsdienste bestaan uit ‘n klein span, maar hulle is gereed vir die toeloop van besoekers wat gedurende die feestyd Orania as hul vakansiebestemming kies.
Volgens Ettiene de Lange, Hoof van OVD, gaan hul steeds doen wat hul altyd doen, maar die frekwensie van optrede gaan beslis toeneem. “Ons sal meer gereeld sigbaar wees met spoedbeheer en padblokkades,” noem hy.
Die toename in voertuie op Orania se paaie maak hul sigbaarheid noodsaaklik. “Daar mag dalk onsekerheid oor Orania se reëls by besoekers wees, maar alle bekende padreëls geld ook in Orania,” voeg Ettiene by. Hy beklemtoon dat geen dronkbestuur of, byvoorbeeld, afwesigheid van valhelms geduld sal word nie.
OVD doen ‘n beroep op die gemeenskap om gedurende die Desembervakansie enige verdagte optrede by die beheerkamer aan te meld.

TAGS: