‘n Arbeidsterapeut meld aan vir ‘n hospitaaljaar

‘n Arbeidsterapeut meld aan vir ‘n hospitaaljaar

Yoraldé van Staden het haar Baccalaureusgraad in Arbeidsterapie aan die einde van 2023 aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Yoraldé is tans besig met haar hospitaaljaar in Jagersfontein waar sy hoofsaaklik by die Itumeleng kliniek in die aangrensende informele nedersetting werk, en elke Dinsdag by die kliniek in Edenburg werksaam is
Yoraldé verduidelik dat ‘n hospitaaljaar verpligtend is voordat jy uiteindelik mag praktiseer. “Daar was verlede jaar sprake dat die hospitaaljaar weens finansiële redes afgeskaf sou word. Ek was baie opgewonde om moontlik dadelik in Orania te kan begin werk, maar heelaas het dit nie so gerealiseer nie en maak ek nou die beste van die situasie,” sê sy met die vasberadenheid van ‘n hoopvolle jongmens.

Sy het onlangs uitgevind dat sy die eerste arbeidsterapeut in ‘n lang tyd is wat haar hospitaaljaar in Jagersfontein wou doen. Die verbasing van die personeel omdat sy op 2 Januarie reeds aangemeld het vir werk was duidelik. Aangesien die Jagersfontein hospitaal baie klein is en die twee klinieke waar sy ook moet dienste lewer geen toerusting het nie, moet sy self aankoop wat sy benodig. Yoraldé moes die verpleegpersoneel van die Itumeleng kliniek bewus maak van wat arbeidsterapie behels en watter dienste sy kan lewer.

Na vier jaar se studies bly dit ‘n moeilike vraag of sy die regte beroepskeuse gemaak het. Yoraldé vertel hoe die laaste twee jaar van studeer vir haar moeilik was en dat dit gevoel het of sy en haar mede-studente hul empatie verloor. “Ek is passievol oor my beroep en glo dat arbeidsterapie regtig mense se lewensgehalte kan verbeter,”deel sy. Sy sien baie daarna uit om in 2025 met die Orania gemeenskap te kom werk, aangesien dit mense is wat haar na aan die hart lê en oor wie se welstand sy besorg is.

Dié dame geniet dit om alleen te werk, maar besef dat sy as arbeidsterapeut baie nou met ‘n mediese span, ouers en onderwysers sal moet werk om die beste sorg aan haar pasiënte te verskaf.
‘n Hospitaaljaar is veronderstel om geleenthede tot verdere ondervinding te bied, maar in die klein dorpie waar sy haarself sonder toerusting bevind, dwing dit haar daartoe om ondersoek in te stel na gespesialiseerde kursusse soos sensoriese integrasie, ensovoorts. ‘n Meestersgraag mag dalk net in die toekoms vir haar wink.

Yoraldé is ‘n innoverende meisie en maak allerhande planne om fiks te bly en haar liefde vir dans uit te bou. Haar omgewing is nie baie veilig nie, maar haar vrye tyd smiddae word tans met touspring gevul. Die staanpaal, wat vir paaldans aangewend word, is een van haar voorliefdes. Youtube is tans haar afrigter en inspirasie vir nuwe toertjies en bewegings. Sy kyk nou uit vir ‘n hanghoepel wat sy in ‘n groot boom in die tuin kan hang sodat sy haar sport steeds kan beoefen.

Hierdie dogter van Zelda en Hans van Staden is ‘n Oraniër in murg en been. Sy kan nie wag om haar praktyk in Orania te open nie. Sy wou nog altyd met jong kinders werk, maar besef dat sy dalk aanvanklik met die breër mark sal moet werk tot die stad behoorlik gegroei het. Trouklokke sal vroeg in 2025 vir haar en Hugo Grotius, haar verloofde, opklink. Sy sien uit na huis-huis speel, tuinmaak en ‘n paar hoenders op die erf.
Die idee van oorsee gaan het vroeër jare idilies geklink, maar sy glo nie dat die avontuur van die onbekende haar persoonlikheid sal pas nie. “Ek verkies standvastigheid,” bevestig sy.

Sy beveel matrikulante aan om seker te maak van hul beroepskeuse deur met ander in die bedryf te gesels wat dit reeds doen. Die feit dat arbeidsterapie ‘n uitdagende kursus is wat uithouvermoë verg moet nooit onderskat word nie, maar ‘n besliste vooruitsig om mense te help sal elkeen deur die uitdagings van die kursus dra.

“Verlede jaar tydens ‘n baie moeilike tyd het ek Josua 1:9 gelees, en dié vers het my deur die res van die jaar gehelp. Noudat dinge bietjie rustiger is hou ek my fokus op die toekoms en weet ek dat elke dag my ‘n bietjie nader aan my geliefdes en drome bring,” glimlag Yoraldé.

TAGS:

Riaan debuteer met ‘n roman

Hy was ‘n Pietersburger as skolier, maar woon al ‘n hele klompie jare in die Jakarandastad, Pretoria. Hy is ‘n bekende sanger, televisieaanbieder en vervaardiger, akteur en tans ‘n aanbieder op PretoriaFM op Saterdae.

Riaan se debuutroman is pas vrygestel en sy bekendstelling het op Maandag 5 Februarie in Pretoriaby die Bont Huijs Ateljee plaasgevind. Dié pragtige venue, met ‘n magdom bekende kunswerke, het almal se asems weggeslaan.

Daar was byna 200 mense en ‘n akoestiese orkes het Riaan begelei terwyl hy drie liedjies gesing het wat hy aan sy ondersteuners en aanhangers opgedra het. Emile Vermeulen was op die klavier, Lindzi Moore op tjello en Ashleigh Botha op viool gehoor.

Koerania was ook daar!
Die bekende skrywer, Elsa Winkler, het die onderhoud hanteer. Riaan het vir die gehoor vertel dat hy nie in stilte kan skryf nie en dat Geheime op Philadelphia in ‘n koffiewinkel in Brooklyn lyf gekry het. Hy het ook vertel dat die meerderheid van die karakters in sy boek op mense geskoei is wat hy goed ken. Die gehoor het behoorlik hieroor begin gis.

Riaan en Jo-Mari het ‘n nuwe duet enkelsnit, “’n Dag sonder jou” se video as ‘n bonus vir die waarderende gehoor vertoon.

Dié nuwe lied is met ‘n dawerende applous ontvang, maar die amptelike vrystelling van die snit sal vroeg in Maart geskied. Verskeie bekendes soos Nadine, David Fourie, Karlien Husselmann, Gisela de Villiers en Scheppel het die geleentheid bygewoon.
Riaan se Facebook staaltjies het al baie mense laat skater en soms ‘n traan laat pink.

Hierdie eerste boek se storie gaan dieselfde uitwerking op elke leser hê. LUCA, die uitgewer van die boek, sien uit na ‘n tweede manuskrip van Riaan wat al goed op dreef is.
Daar is tot laataand tussen die pragtige kunswerke van die venue gekuier en Riaan moes almal se boeke teken en vir foto’s regstaan. Verskeie gaste het kommentaar gelewer dat dit ‘n uiters kreatiewe aand was en dat toekomstige boekbekendstellings sal moet uithaal en wys om hiérdie een te klop!

Riaan en twee van sy vriende, Dia van Staden en Hendri Myburgh, wat ‘n paar jaar gelede by die Groot Ontbyt kollegas was, het in die opwinding van Riaan se eerste boek gedeel.
Riaan en twee van sy vriende, Dia van Staden en Hendri Myburgh, wat ‘n paar jaar gelede by die Groot Ontbyt kollegas was, het in die opwinding van Riaan se eerste boek gedeel.
Riaan Grobler en Elsa Winkler in gesprek oor sy boek Geheime op Philadelphia.
Riaan Grobler en Elsa Winkler in gesprek oor sy boek Geheime op Philadelphia.
Die gehoor het ‘n heerlike koel aand in Pretoria geniet terwyl hulle met mooi musiek, ‘n mooi omgewing, keurige eetgoed en treffende woorde vermaak is.
Die gehoor het ‘n heerlike koel aand in Pretoria geniet terwyl hulle met mooi musiek, ‘n mooi omgewing, keurige eetgoed en treffende woorde vermaak is.
TAGS:

Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging

Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging
Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging

Ons ken ‘n tannie met ‘n skoeter
Sy is nie een vir voort ploeter
Sy mag dalk val, maar staan gou weer op
Haar kierie gee haar heupe sommer weer skop

Tannie Elize vier vandag dertig jaar
By die Orania Beweging as ‘n steunpilaar
Tannie Anna sou uiters trots wees
Op tannie Elize se volgehoue positiewe gees

Ledekaarte hou sy by
Om alles geblaai en gevou te kry
Op 81 wikkel sy nog Voort
Daar is maar min van haar soort

Sy het ‘n hele lot hoofde oorleef
Maar saam is gebou na wat Orania streef
Prof Carel, Frans, Jaco, Sarel en Carel 4 was hier
Tans, in 2024, is hoofskap Joost se plesier

Tannie Elize se bederfies bly spesiaal
Dis hekelwerk, lusernsop en blomme veral
Jou kollegas lief jou te veel
Gehoorstuk en al, is daar altyd nog ‘n storie te deel

Die OB-dames vorm ‘n gedugte span
Voorvat is vir hulle deel van die plan
Die uitdeel van drukkies bly ‘n genot
Op inligting aan besoekers, bly hul versot

Gesondheid is ons wens vir jou
Dat die kierie en die skoeter tannie regop sal hou
Mag die Vader se genade oorvloedig wees
En Tannie die lewe vier, want in Orania is dit ‘n fees!
Baie Liefde
Die OB-span

Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging
Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging
TAGS:

Vryheid in Orania…

Tannie Elize Ungerer vier 30 jaar by die Orania Beweging

Jo-Mari Conradie en Eurika Scheepers, albei Landboubestuurstudente by die Bo-Karoo Opleidingsentrum, stap ewe rustig na klas na hulle koshuis toe. Dit is die vreugde van studentwees in Orania!

TAGS:

Majubadag op 27 Februarie

Majubadag op 27 Februarie

Op 27 Februarie vier Oraniërs die slag van Amajuba en die boere se oorwinning oor die Britse weermag. Hierdie slag, wat op 27 Februarie 1881op die Amajubakoppie naby Volksrust besleg is, was die laaste van vier militêre botsings tussen die Transvaalse Boere en Groot Brittanje, en die vernederende nederlaag van Brittanje het ook die einde van die Eerste Vryheidsoorlog aangekondig. Hierdie dag word deur Oraniërs binne Orania gevier en word vanjaar deur Bo-Karoo Opleiding aangebied.

Daar is gerugte van ‘n uitdaging tot ‘n watergeveg tussen die BKO studente en die kinders van Orania…

Kultuur verryk ons lewens en besondere vakansiedae is eie aan Orania. Kom neem gerus deel en bring veral die kinders sodat hulle van jongs af sal verstaan wie ons is en hoe ons gevorm is.

Kontak Marike Labuschagne by marike@bokarooopleiding.co.za indien jy betrokke wil raak of meer inligting benodig.

TAGS:

Die Kaalvoettrap – waar diep spore lê

Die Kaalvoettrap – waar diep spore lê

Die Kaalvoetvroue van Orania, wat verwys na die Voortrekkervroue wat bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te stap, pak projekte aan om Orania te verfraai. Die Kaalvoettrap wat twee dele van Orania verbind is ʼn voorbeeld van so ʼn projek. Aan die een kant van die trap is daar ʼn tydlyn wat Orania se geskiedenis op teëls uitbeeld.

Orania se kaalvoettrap in Robynlaan is uit mosaïek gemaak en beeld ʼn boom waarvan die wortels diep gegrond is, uit. Hierdie boom is baie simbolies omdat dit ook die vrugte dra (olywe en pekanneute) wat in Orania verbou word.

Die vier takke van die boom stel elk ‘n seisoen van die jaar voor: lente, somer, herfs en winter, elk met sy kenmerkende kleure.

Daar is geitjies, voëls en vlinders, om ons bewaringsgesindheid uit te beeld. Tussen die wortels is kaalvoetspore, om die jaarlikse Kaalvoetkonserte te gedenk.
Links aan elke trap is daar ‘n terrakotta teëltjie waarop ‘n gedenkwaardige gebeurtenis in die geskiedenis van Orania se ontwikkeling uitgebeeld is, ‘n tydlyn wat die geskiedenis vasvang.

Die teēls was gedeeltelik skenkings vanuit die gemeenskap, soos byvoorbeeld waardevolle porseleinborde wat gebreek het. Daar is historiese mosaïekstukkies, afkomstig van die huidige Dorpsraadgebou wat deur Waterwese gebou is. Dié mosaïekstukkies is op die trap herbenut. Kosbare stukkies is op die herwinningsbank gevind.

Aan die regterkant is ʼn kanaal, waar fietsryers hulle fietse kan op- of af stoot, aangebring. Die trappe het ʼn boog wat in feestye met liggies versier word.

Die boom kry sy lig van die son, maar sy krag en energie van Jesus Christus waarin hy met sy wortels geanker staan. Die kunstenaar was die bekende Cornelia Holm, ‘n inwoner van Orania.

TAGS:

Dorpstoere bereik ‘n hoogtepunt in 2023

Dorpstoere bereik ‘n hoogtepunt in 2023

Die Orania Beweging bied sedert 2014 gratis dorpstoere vir besoekers en inwoners aan. Die hoeveelheid persone wat die dorpstoer in 2023 onderneem het is ‘n bewys dat Orania ‘n gesogte vakansiebestemming en beslis ook Afrikanertuiste word.
Aan die einde van 2023 het 3569 persone die dorpstoer saam met een van die toergidse meegemaak. Hier is nog statistieke van die getal toere wat aangebied is:

Die hoeveelheid individue wat die toer onderneem het:

Besoekers en voornemende inwoners word aangeraai om ‘n dorpstoer te geniet sodat hul baie meer inligting oor die dorp en die infrastruktuur kan bekom.
Kontak die Orania Beweging se Inligtingskantoor by 053 207 0062 om jou plek te bespreek.

TAGS:

Befaamde besoekers uit Nederland

besoekers-cover
‘n Groep vroue het gretig na Marlies geluister terwyl sy meer van haar lewe in Nederland en haar liefde vir kreatiwiteit en ontwerp vertel het. Marlies gesels met Zelda van Staden, ‘n plaaslike ontwerper, oor haar tradisionele Afrikanerdrag wat tans in Orania beskikbaar is.
‘n Groep vroue het gretig na Marlies geluister terwyl sy meer van haar lewe in Nederland en haar liefde vir kreatiwiteit en ontwerp vertel het. Marlies gesels met Zelda van Staden, ‘n plaaslike ontwerper, oor haar tradisionele Afrikanerdrag wat tans in Orania beskikbaar is.

Wierd Duk, ‘n hoog aangeskrewe Nederlandse historikus, bekroonde joernalis en skrywer het saam met Marlies Dekkers, ‘n internasionale ontwerper van onderklerereekse en aanbieder van haar eie kontroversiële potsendingreeks, van 15 tot 17 Januarie ‘n besoek aan Orania gebring.

Alhoewel hulle gaste van die Solidariteit Beweging was, wou hulle Orania en sy mense graag beter leer ken voordat hulle na Pretoria vertrek het. Marlies het by ‘n kunsskool in Breda studeer en haar eerste onderklerereeks, Undressed, is as ‘n nuwe aanslag tot die ontwerp van onderklere gevier.

Haar handelsmerk word in meer as 1000 Marlies Dekkers winkels wêreldwyd verkoop. Sy het al verskeie toekennings wil haar ontwerpe ontvang.

Wierd en Marlies het ‘n intieme gehoor toegespreek oor die politieke, kulturele en geestelike toestande in Nederland. Lede van die gehoor het vrae gevra wat heelhartig deur die gaste beantwoord is.
Wierd en Marlies het ‘n intieme gehoor toegespreek oor die politieke, kulturele en geestelike toestande in Nederland. Lede van die gehoor het vrae gevra wat heelhartig deur die gaste beantwoord is.
Marlies het die Oraniadrag interessant gevind en het selfs vir Lida Strydom wenke gegee oor hoe om die drag uit te bou vir ‘n meer moderne aanslag.
Marlies het die Oraniadrag interessant gevind en het selfs vir Lida Strydom wenke gegee oor hoe om die drag uit te bou vir ‘n meer moderne aanslag.
TAGS:

Orania se Verteenwoordigende Raad beklemtoonselfwerksaamheid

Riaan Jacobs, die Voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR), stel voor dat Oraniërs pragmaties moet wees oor die Nasionale en Provinsiale verkiesing en dat, indien hulle wil deelneem daaraan, hulle ‘n party moet soek wat selfbeskikking as deel van hulle beleid ondersteun. “Jou beginsels en geloofsoortuigings moet nie in die verkiesingsproses verkrag word nie,” noem hy. 

Riaan deel sy sentiment dat daar globaal die skeidslyn tussen lig en duisternis al hoe meer verskerp. 

Hy is beslis wanneer hy sê dat kulture nie die een oor die ander moet heers nie en dit sal beteken dat die oorheerste kultuur sy identiteit sal verloor. 

“Oraniers sal weereens nie afgeraai word om aan die Nasionale en Provinsiale verkiesing deel te neem nie, maar as iemand die Orania-idee ondersteun, sal hy nie terugverlang na die verlede nie,” gesels hy. Hy herinner Oraniërs daaraan dat deelname aan ‘n verkiesing elke individu onderwerp aan die uitslag daarvan en dat jy jouself aan daardie gesag moet onderwerp. 

Riaan verduidelik dat die OVR hul met Orania en die progressie wat reeds hier plaasvind sal besig hou, aangesien daar geen rede is om op die res van Suid-Afrika te fokus nie. Dit is egter belangrik om bewus te wees hoe ons omgewing ons moontlik kan beinvloed. “Ons bou ons selfbeskking in Orania op grond, fisiese, sosiale, ekonomiese, politieke, juridiese, kulturele en christelike vlak. Dit is die enigste manier om uiteindelik ‘n Volkstaat te kry, want geen stembus gaan dit vir ons gee nie,” beaam hy. 

Hy vertel dat die OVR primêr twee take het: 

1. Interne samehang vir die vier grondentiteite, wat verskillende behoeftes en karakters het om binne die Orania-idee te belyn. Beginsels soos eie arbeid, verblyfreg, regspraak en die nuut gestigte grondgebruiktribunaal moet vir almal belangrik genoeg wees sodat dit gekoester word.

2. Eksterne skakeling is van uiterste belang.  Riaan sê dat die oorlegsone gevestig is en Orania se staatkundige bevoegdhede nou formeel herken word. Dié stap, buiten dat ons volgens die Afbakeningsraad binne Thembelithle se grense val, het ons nou formeel onder hulle gesag uitbeweeg. Daar vind heelwat skakeling met ander kultuurgroepe, joernaliste en afvaardigings van kultuurorganisasies en ander lande plaas.  In hierdie opsig is daar baie nou samewerking met die Orania Beweging en die Dorpsraad. Die OVR streef ook na goeie verhoudings met buurmunisipaliteite, die distriksmunisipaliteit en regering, beide Provinsiaal en Nasionaal.

 Aangesien die OVR minimum invloed het en wil hê, en die meerderheid van die besluitneminng in die grondentiteite gesetel is, neem die OVR leiding met die belyning van Oraniërs.  Daar word tans baie energie bestee aan die skryf van ‘n grondwet vir die OVR en Orania. 

Op die vraag of hy negatiewe aanvalle op Orania tydens die aanloop tot die verkiesing verwag, sê Riaan dat daar tradisioneel altyd iets gebeur om Orania in die kollig te plaas. “Daar is altyd een of ander aanvallende media berig, of Orania word versoek om te kyk of daar iets kontroversieel geskep kan word. Ons is anders en ons volg nie die status quo nie. Op elke vlak van regering en funksionering ontwikkel ons alternatiewe prosesse en instellings soos met ons veiligheid, regspraak, elektrisiteit en algemene dienslewering. In die res van SA stort die kernfaktore ineen, maar hier skep ons alternatiewe daarvoor,” sê Riaan trots.  

Die OVR het tot stand gekom op grond van die stryd teen die beoogde inlywing van Orania by die Thembelihle Munisipaliteit. Na ‘n hofstryd het Orania sy eie Verteenwoordigende Raad demokraties verkies. In die begin het Orania hoofsaaklik uit die aandeleblokskema bestaan met die Dorspraad as owerheid wat deur aandeelhouers verkies word. Namate meer grond bygekoop en bewoon is deur Oraniërs en nuwe grondentiteite ontstaan het, het die behoefte dat die OVR sy rol as owerheid moet inneem al groter geword. 

Die OVR word elke vyf jaar tergelykertyd met die landswye munisipale verkiesing deur alle inwoners van Orania bo 18 jaar verkies, en is daarmee wyd verteenwoordigend en demokraties.  Kandidate staan as individue en nie volgens ‘n partlys nie.  Die OVR is in ‘n sekere sin ‘n Orania-parlement wat breë rigting gee maar nie met uitvoering op grondvlak en met dag-tot-dag besluite gemoeid is nie. Die OVR bestaan uit twaalf lede met ‘n voorsitter, onder voorsitter, en ‘n verdere twee lede wat die dagbestuur vorm. Die huidige OVR is in 2021 verkies. 

As Riaan ‘n opinie oor die opkomende verkiesing moet waag dink hy dat die ANC swakker gaan vaar en meer radikaal sal word.  Hy waarsku dat Afrikaners nie té optimisties oor opposisie koalisies moet raak nie en eerder bekommerd moet wees oor met wie die ANC ‘n koaliese kan sluit. 

Sy mening is dat Orania na die verkiesing, net soos tydens die grendelstaatperiode, weer ‘n oplewing gaan toon in verblyfrefgaansoeke, beleggers en algemene belangstelling in die Orania-idee wat werk. 

Orania OVR
Die Orania Verteenwoordigende Raad is in 2022 aangewys. Die raad bestaan uit die volgende lede: Voor: Jan Beyers, Carel Boshoff, Riaan Jacobs, Lida Strydom. Agter: Renier Botha, Hanri Maritz, Hans van Staden, Frans de Klerk, John Strydom, Christiaan van Zyl (Voorsitter van die Orania Inwonersvereniging verantwoordelik vir die reël van die verkiesing) , Albert van Zyl, Willie Nel en Phillip Nothnagel.
TAGS:

Vloedskade word sistematies herstel

Promosie

vloedskade-cover

Hierdie foto’s is aan die einde van Januarie by Aan-die-Oewer geneem. Daar is meer as 200 lorrievragte grond en klip ingery om die reuse gate te vul sodat besproeiing aangelê kan word en gras uiteindelik weer geplant kan word.

Koerania het in die Januarie uitgawe berig oor die vloedskade wat in en om Orania aangebring is. Ons het by die Orania Dorpsraad gaan aanklop om te verneem hoe die herstelwerk vorder.

André van Heerden, die Hoof van Ingenieursdienste:

  • Die skade wat veroorsaak is aan paaie en uitgrawings wat oopgespoel het of versak het, is uiteindelik byna voltooi. Enkele areas wat nog te nat was, is uitstaande.
  • Die eerste verbetering van die dreineringstelsel is die verlaging van die Diamantlaanbrug se pype. Daar is reeds begin om bestaande dienste wat herlei moet word te ontbloot.
  • Daar sal binnekort met die stormwaterkanaal by die Oewer tussen die OAB en VKN-grens begin word. Die nuwe kanaal sal die opdamming van vloedwater by die landbouhoewes verhoed.
  • Sodra die stormwaterbufferdam by die sonplaas genoeg uitgedroog het, sal daar begin word om die dam te vergroot. Dié werk sal moontlik eers in die winter gedoen kan word.

“Vanuit die Dorpskantoor beskou het die wolkbreuk van 28 Desember 2023 en die meegaande stormwater uitdagings daarna veral vier dinge by ons tuisgebring,”
sê Uitvoerende Hoof, Gawie Snyman.

  • Dat die Here ons beskerm en dat ons baie dankbaar moet wees dat ons geen lewensverlies gehad het nie.
  • Dat Oraniërs, soos altyd, ‘n gemeenskap is wat vir mekaar omgee en mekaar help. Hoe die gemeenskap uit eie beweging by Aan-die-Oewer aangemeld het om hand by te sit, asook die vrouens, kerke en instellings wat gehelp het met verblyf, sop, broodjies, beddegoed en warm klere vir daardie kampeerders wat die ergste hierdeur getref is, was ‘n riem onder die hart.
  • Dan is ‘n paar tekortkominge in ons stormwaterbeplanning duidelik uitgewys wat nou verdere aandag sal geniet.
  • Na afloop van ‘n veiligheidsnabetragting is daar bevind dat alhoewel ons veiligheidsgroepe flink en doelgerig opgetree het om te help waar nodig, enkele aanpassings gemaak kan word om te verseker dat ons ook die nodige empatie, ondersteuning  en gerusstelling aan veral enkel dames en die ouer geslag kan gee in tye van paniek en onsekerheid.

 

TAGS: