Eleksa Orania se twee nuwe elektriese busse se nooiensrit vind toe op Vrydag 13 September vanaf Gannabos na Knapsak plaas. Elke bus kan tot 22 persone vervoer. Pendel 1 en 2 is vir die eerste rit stampvol gelaai met pendelaars wat graag die rit wou ervaar. Albei die busse laat die Oraniavlag trots wapper terwyl die unieke ritte onderneem word. Jannie Roux, die eienaar van Eleksa, is opgewonde om te sien hoe publieke vervoer in Orania nog vorentoe sal ontwikkel. Hy het egter nou die voorbeeld met dié 2 pragtige busse gestel.
Burgemeester, Lida Strydom, het kom inloer om die pendelbusdiens in Orania te verwelkom.
Jannie Roux is die eienaar van die Eleksa Pendeldiens se splinternuwe 2 busse. Daar is Vrydag verniet gery om die nuwe luuksheid uit te toets.
Die van Heerdens het besluit om deel te vorm van die nooiensrit van die Pendelbusdiens.