Koerania

Die jaarlikse o/23 Bokkietoernooi sluit netbal, woemahokkie en rugby in en sorg vir ‘n lieflike inspuiting in die Orania ekonomie. Vanjaar was daar baie sport, pret en kuier in drie dae vanaf 21 tot 23 Maart saamgeflans.

Die 250 spelers, 63 afrigters en 1 300 ondersteuners het van oraloor na Orania gereis vir vir ‘n naweek van jeugdige kompetisie, sport- en kultuurvieringe.

Die uniewenners van die toernooi is die Saterdagaand aangewys:

  • Wenners Netbal: Noord-Transvaal Noord
  • Naaswenners Netbal: Vrystaat
  • Wenners Rugby: Orania
  • Naaswenners Rugby: Noord-Transvaal Noord
  • Wenners Woemahokkie: Vaaldriehoek
  • Naaswenners Woemahokkie: Noord-Transvaal Noord

Noord-Tvl Noord se MC Malan is as rugbyspeler van die toernooi aangewys en Vera de Beer van dieselfde unie het met die titel van netbalspeelster van die toernooi weggestap. Ioné Blignaut van die Vaaldriehoek is as woemahokkiespeelster van die toernooi aangewys. Dit is die eerste keer dat woemahokkie by dié toernooi ingesluit is. Griekwas het vanjaar die Geesbeker verower!

Soos Pieter Krige in sy sosiale media kommentaar sê: “As daar een ding is wat vir my uitgestaan het tydens hierdie jaar se Bokkieweek op Orania is dit die hoop en volkstrots van die meer as 400 Afrikaner jongmense wat hier kom deelneem het. Die ganse toernooi was in goeie gees, gedissiplineerd gewees, en die sport was voortreflik; maar vir my was die kloppende Afrikanerhart die hoogtepunt.”

Die volgende hoogtepunt op die AVS-kalender is Bokkieweek 2024 wat vanaf 24 tot 28 Junie 2024 in Kroonstad sal plaasvind. Seuns en meisies vanaf o/13 tot o/19 sal met netbal, hokkie en rugby op provinsiale vlak mekaar die stryd aansê.

 

Die vele sporthoogtepunte word in die fotobeeld uitgelig
Post Views: 554