Die BKO-studente het hul talente vir die gemeenskap gewys tydens hul eerste Stoepstories- en Talentaand. Dit is baie voordelig vir ‘n gemeenskap om sy jongmense te omarm en hulle ‘n stem te gee.
Die Stoepstoriesspan wat die program laat vloei het was Juan van Zyl, Alwyn Odendaal, MW Ross en Lisa Paulsen
‘n Lekker tromitem is deur Ruben Doubel gelewer.
Doret le Cornu en Chané Stone het die gehoor met hulle sang bederf.
Henco Vollgraaff het sy koshuis begelei met ‘n opgewekte nommer van ouds.