Koerania

Die eerste Sinkplaatfietstoer word vanaf 18 tot 20 Desember in en om Orania aangebied. Fietsryers sal vanaf Orania vertrek en tydens die toer by Witput en Kraankuil aandoen voordat hulle weer in Orania eindig.
Die fietstoer strek oor 180km wat binne drie dae afgelê sal word. ‘n Voertuig sal die hele pad saamry om die nodige bagasie te vervoer. Fietsryers ry elk met ʼn rugsakkie, wat die dag se noodsaaklikste proviand sal bevat.
Johan de Klerk en Pieter Bisschoff het hierdie bergfietstoer beplan en vertel dat daar slegs EEN plek oop is vir vanjaar se toer. Dié twee entoesiaste beoog om hierdie fietstoer in die toekoms uit te bou, maar wil vanjaar met ‘n klein groep van 14 afskop sodat dit makliker bestuur kan word.
Enige fietsliefhebber wat redelik fietsryervaring het sal die roete kan voltooi. “Jy hoef nie oordrewe fiks te wees nie, maar jy moet jou fiets ken en kan vasbyt,” vertel Johan. Indien ʼn laerskoolkind wil saamgaan, moet hy/sy deur ʼn ouer/volwassene vergesel word.
Kontak vir Johan de Klerk by 083 407 1440 of vir Pieter Bisschoff by 061 813 8272 vir meer besonderhede of om daardie laaste plek vir die toer op te neem.

Post Views: 97