Op Maandag 2 Desember moes Orania en Bo-Karoo Opleiding van hul geliefde voldoenings-en eksamenbeampte afskeid neem. Anneke het ‘n fatale hartaanval gehad en is in die Orania Kliniek oorlede. Anneke Canei het ‘n sleutelrol gespeel in BKO se akkreditasie en voldoening, en haar toewyding en harde werk het ‘n groot bydrae tot BKO se sukses gelewer. Innige medelye is aan haar familie, vriende en geliefdes gerig. Haar lewe was ‘n voorbeeld vir baie.