Anesta du Preez bied omtrent maandeliks ‘n interaktiewe kunsklas op haar huis se stoep aan. Daar word kunswerke geskep terwyl daar gekekkel en gegiggel word. Sommige deelnemers is gesout in die opneem van die kwas, en ander is maar skugter om hulle pogings te wys. Die lekkerte gaan egter enige tekort aan talent te bowe. Die eindresultaat spreek vanself en daar word unieke geskep. Of jy nou ‘n wintersaand of sonnige oggend kies vir jou deelname, daar moet nooit opgehou word om met kleur en kwas te eksperimenteer nie.
Anesta du Preez by die voltooide huisies wat deur die Skepklas se kunstenaars voltooi is. Elke kunswerk kan nou ‘n spesiale plek in ‘n huis vind.
Linda van Antwerpen skep mooi tuine, maar ken beslis haar weg om ‘n kwas en ‘n verfbotteltjie. Kyk hoe mooi!
Sanri Stone kan maar spog met haar fraaie huisies.