Dit is die dames teen die manne wat vir vanjaar se plesier verantwoordelik sal wees wanneer die derde Raar maar Waar speltjiesaand op Saterdag 25 Mei om 18:30 in die Orania Gemeenskapsaal aangebied word. Die kompetisiegees loop hoog en die uitdagings gaan spitsvondige vernuf van elke spanlid verg.
Die twee spanne word vanjaar deur Afsaal eiendomme en Koerania geborg. Die Forum vir Gestremdes gaan baat by die fondse wat ingesamel word. ‘n Splinternuwe Musiekfabriek gaan opslae maak, want daar is ‘n hele klomp kinkels in die note wat hulle bring!
Die persoonlikhede, wat vanjaar ook in mans en vrouegroepe verdeel is, sorg dat die gehoor voltallig is vir die speletjies en saamsing. Die sombomme sal sorg dat die puntetelling gereeld nie klop nie en James Kemp, die regter, hou sy vinger op die speletjies en beursie se pols.
Teen slegs R1 200-00 per tafel vir tien persone waar elkeen hul eie piekniekmandjies met kos en te drinke bring, gaan dit ‘n aand vol plesier wees!
Kaartjies sluit deelname aan die speletjies vir die gehoor in en lawwe pryse kan gewen word! Kontak die Okkasie Hasie by 083 726 1180 om seker te maak dat jy dié jaarlikse lekkerte nie misloop nie.
Kaartjies is by die inligtingskantoor van die Orania Beweging of by die persoonlikhede beskikbaar.